Sunday, September 25, 2011

Op die herdenking van Ouma Hannie se geboortedag


Liewe Ouma,
baie geluk met
Ouma se verjaarsdag!

My wens
is dat Ouma

aan ons sal dink
met elke slukkie tee
wat Ouma drink

en dat Ouma

met elke happie skons
waarvoor Ouma
so lief is sal onthou
van ons liefde vir jou.

Ontvang hiermee
saam ook ‘n drukkie
met my gedagtes,
want dit is nie vir my
moontlik om by Ouma
uit te kom vandag nie.

In die plek
van ‘n briefie
stuur ek maar
‘n skietgebedjie,

want Ouma weet mos
‘n mens kan nie pos
hemel toe stuur nie.

21/09/2011

No comments:

Post a Comment