Tuesday, September 27, 2011

Geagte Meneer die President


Ek rig hierdie briefie
aan u uit moedeloosheid.

Saterdag die
24ste September
het Ons vir
die tweede keer
in ‘n maand se tyd
met die Gereg gebots...

nie omdat Ons wou nie,
maar omdat die Fools
met hulle tools

in ‘n maand se tyd
beide Ons karre
se ignitions
beskadig het
in ‘n poging om
Dit te privatiseer.

Daar aangekom
by die Polisiestasie
was die enigste
vriendelike
vrouekonstabel
besig met ‘n verklaring.

My Ma kom
toe te staan
voor die
nie-blanke
man langsaan,
maar wat ‘n ge-orgie!

Die oomblik toe my Ma sê
sy wil nou ‘n verklaring aflê
oor Woensdag se gebeure
by Pick ‘n Pay in ‘n poging
om op die kringkamera
te gaan kyk
hoe die boewe lyk
toe ruk hy homself op...

soos in so dat Ek hom
met die spesifieke bladsy
in die HAT wou bykom

soos wat hy tekere gaan
oor die woord “nou”.

Terselfdertyd bevraagteken
hy toe my Ma oor wat sy
met die saaknommer wil doen,
want volgens hom kan hy
vir haar net ‘n soort van ‘n
reference number gee
vir as sy net daarmee
wil Versekering toe gaan.

Juis omdat Tweede in Bevel
by die Sekuriteitsmaatskappy,
wie se sekuriteitsbeamptes
in die parkeerarea diens doen,

vir haar gesê het sy moet
‘n verklaring gaan aflê
en ‘n saaknommer kry
alvorens sy saam
met hom kan gaan movie
om die Skelms te sien,

hou sy toe by haar versoek.

Na wat vir My
soos ure gevoel het
sê my Ma toe sy
wil met die een
in bevel praat
oor wat presies is

customer service –

defintief nie om op
die Publiek te gil nie,

want in ‘n poging
om die man tot
bedaring te bring

het my Boetie sy stem
verhef en gesê “Hey!”

Hy wou nog verder sê
‘n mens praat nie so met
lede van die Publiek nie,
en veral nie vroue nie,

maar die polisieman
wat nie eers uniform
of ‘n naamplaatjie
aangehad het nie,
wys toe vir hom
waar’s die deur.

My ma stap toe
na die Kolonel toe
wat by die deur staan
en vertel vir hom van die
beskadigde ignition
en die melk wat gesteel is;

en vra toe sommer vir hom
sy soek iemand wat haar
op ‘n ordentlike wyse kan help.

Die Kolonel het toe net
‘n halwe woord nodig
gehad vir ‘n goeie begrip.

Hy het toe om die
toonbank geloop
na die ongeskikte
polisieman toe en

vir hom verduidelik
wat gebeur het,

wat gedoen moet word

en hom sommer ook
tot bedaring gebring,
want vir die res
van die tyd
was hy toe
sommer tjoepstil.

Intussen het my Ma
Tweede in Bevel
by Sekuriteit gekontak
en gevra wat is die
volgende stap nadat sy
die saaknommer gekry het.

Toe hy hoor hoe daar
tekere gegaan word

toe stuur hy sommer
‘n sekuriteitsbeampte
om ons by te staan.

Tussendeur al die verrigtinge
het ‘n Vingerafdrukdeskundige
bygekom om die ongeskikte
polisieman by te staan.

Toe die polisieman
nou uiteindelik besluit
dat dit tyd is om
pen op papier te sit
toe vra hy my Ma
vir ‘n identiteitsdokument.

Sy sê toe vir hom sy
kan nie haar
ID-boekie gee nie,

want sy was by die huis
daardie aand besig om te reël
dat die Insleepdienste die
kar gaan insleep, en sê hy
sal by my Boetie vir wie hy sy
humeur verloor het

sonder enige goeie rede
moet hoor wat gebeur het,
want hy was die Bestuurder
al is sy die Eienaar.

Net daar en dan
reken die
nie-blanke man
wat ‘n Vingerafdruk-
deskundige
is my Ma toe:

“Ons kan almal saamsing
(vir die Kolonel vertel
van sy ongeskikte pal),
maar Ons kan nie
almal saampraat nie
(‘n verklaring aflê nie).”

So ry Ons
toe nou agterna

na die Munisipaliteit
se kantore toe al agter die
Sekuriteitsbeampte aan
om te gaan
movie soos wat
Tweede in Bevel
telefonies vertel
het vir my Ma,

maar wat ‘n sirkus!

Aangekom op
vloer sewe
vra die

Sekuriteitsbeampte
wat ‘n vrou
is vir die ou
wat deel van die Polisie is

of hy dalk kan gaan kyk
op die kamera
wat Woensdagaand
tussen kwart oor sewe
en agtuur die aand
in Pick ‘n Pay
se parkeerarea
aan die gang was.

Die Vent sê toe vir haar hy
sal ons eers kan help

as die polisieman wat die
saak hanteer het
by die Polisiestasie by is.

So sê die Sekuriteitsbeampte
toe ons moet vir haar wag
op vloer sewe; sy sal
die polisieman gaan kry

sodat hy saam met ons
kan gaan movie
by die Stadsraadkantore.

Na ‘n ruk maak sy
haar verskyning
sonder die polisieman

nadat hy hom
vir ‘n tweede keer
opgeruk het, maar
gelukkig vir sy eie nasie.

So klop sy toe
nou maar weer
aan die deur
daar bo op
vloer sewe en
vertel vir die Vent

die Speursersant,
van ‘n ongeskikte
polisieman, sê

hy het klaar oorgegee
aan iemand anders
om die saak te ondersoek,

so sy taak is nou
done and dusted.

Dis toe dat die Vent sê
dat ons dan eers in
teenwoordigheid van die
Ondersoekbeampte mag
kom movie al het ons
‘n saaknommer,

maar vir
Tweede in Bevel
was daar gesê

Ons benodig net
‘n saaknommer.

Nou vra Ek U
met trane in My oë
en ‘n gatvol uitdrukking
op My gesig...

waarheen is
Suid-Afrika oppad
met die dat
dienslewering
‘n ding
is wat nie in
staatsinstansies
gebeur nie?

Volgende keer
as die Skelms weer
met Ons gebeur

sal Ek maar vir die
Staat ‘n diens lewer
deur vir die Polisie
‘n miss call te gee

sodra daar klaar
met die Barbare
afgereken is,

want dis nie asof
Ons hulle nooi
om met Ons
te gebeur nie,

en ook nie asof
Ons hope geld het
om rond te gooi
soos Jan Taks nie.

So as U
U naaste liefhet
en nog ‘n dilemma
wil verhoed,

behalwe Mal-ema,

sal U moet
kyk na
strenger maatreëls
om

moord,
roof,
verkragting
en diefstal

hok te slaan.

Met die dat
Oom Eugene
in vrede rus
beteken dit
nog lank nie dis
die einde van die
wit Afrikanervolk nie...

miskien as dit
kom by saamstaan

omdat daar
verskillende partye is
wat mekaar teenstaan,

maar ek dink hoeka al
ons moet vir Tannie Helen
Robbeneiland toe stuur
soos vir Oom Nelson
sodat sy vrygelaat kan word
om haar regime te begin.

Ontvang dan
nou maar
My groete
en briefie
aan die
Eerste Minister.

No comments:

Post a Comment