Here, dankie vir
die beskermengele
wat U gestuur
het Saterdagaand.
Soos Satan
U tempteer
het in die woestyn
het sy makkers
die keer
met my gedoen.
Afgesien van die skade
het ek soveel om voor
dankbaar te wees –
soos my ma
wat sonder dat
ek haar gevra
het die skade
betaal het;
Oom Bennie
oorkant die pad
wat die skroewe
kom help uitdraai het
sodat Oom Gert,
sy buurman,
my kar darem net
sover kon kry
om te loop;
daar was
my ma
se boetie,
Oom Willie,
se bereidwilligheid
om sy tyd op te offer
deur van scrapyard
tot scrapyard te ry
om deurslotte teen
soveel goedkoper te kry,
‘n sleutel te laat bou,
‘n ignition te gaan koop
en als te installeer...
dit als net sodat
ek die versekering
se bybetaling
kon vryspring;
en natuurlik my pa
met sy siekte en al
wat bereid was om my
kar die ent stuk pad
so te ry net om die ding by
my Oom Willie uit te kry.
22/08/2011
No comments:
Post a Comment