Saturday, September 3, 2011

Die klipkind en haar baksteen van ‘n disability om net nooit niks reg te doen nie


Ek’s lief vir myself nes ek is – rafeltjies en al.  En ek gaan liefs nie daaraan torring nie, want netnou collapse ek sodra ek ontslae raak van my inabilities en disabilities.

Ek het balans gevind in die verskil tussen my sterkpunte en swakhede, joy in die smile op my face, aanvaarding in die stamp op my geboortesertifikaat, vergewensgesindheid by die hond wat maar net elke keer weer terugkom om maats te maak na hy raas gekry het, omgee by my ma wat nagte lê en wonder waar sy kos in die hande gaan kry vir twee kinders en liefde in oorvloed by my ouma en die mense by die werk.  Rigting kry ek elke slag oppad werk toe.

Meer as dit soek ek nie, want dit help nie ek veg my pad oop vir aanvaarding wat net elke slag rusie meebring nie.  Dit help nie ek hol weg vir moeilikheid nie, want dit eggo agterna.  Dit help nie ek breek myself om te probeer bou aan verhoudings wat maar net nie hou nie omdat jou disabilities en inabilities die basiese grondslag verkrag het nie.  Dit help nie ek klim pens en pootjies in harte wat gevul is met haat en verwyte jeens omstandighede net omdat logika sê liefde het eens op ‘n tyd geseëvier en daarom is jy hier nie.  Dit help nie ek draai my rug op die verlede en bou ‘n brug oor die toekoms nie, want al die hoekoms en waaroms was ‘n voorafbepaalde uitdaging vir die toetsing van jou kragte.  Dit help nie ek soek vergewensgesindheid wat net vir ‘n kort tyd duur net om weer verwyt te word sodra jy nie tyd of geld het om te gee nie.  Dit help nie ek raak naar oor die blote gedagte dat daar op ‘n kol ringe verkoop moes word vir kos en versadig myself aan gedagtes dat die wat op kroniese medikasie is darem mos more oggend iets sal hê om te eet nie.  Dit help nie ek sny myself net om te sien hoe lyk seer soos wat ek in my hart ronddra net om te verwag pleisters moet die trick binne doen soos buite nie.  Dit help nie ek offer my tyd op vir ander net om hulle gelukkig te wil sien nie en myself agterna te verwyt oor wat ek daarmee kon gedoen het nie.  Dit help nie ek bekommer myself oor ander en lê heelnag wakker vir mense wat ‘n veer voel net om more oggend op te staan met ‘n migraine nie.  Dit help nie jy gaan sit op die kantlyn en wag vir miracles elke slag as jy voel gebed werk nie, net om uit te vind jy’s ‘n miracle omdat dit nie in jou gene sit nie.  Dit help nie jy wil die eindfluitjie van jou lewens game op aarde blaas as jy voel jy’t nie meer ball sense nie, maar Hy voel dis nog nie tyd nie omdat daar geen plaasvervanger is vir ‘n mens nie.  Dit help ook nie ek verander aan myself om in te pas as Sy idee was dat ek moet uitstaan nie.

Maar tog...tog doen ek wat ek nie behoort te doen nie en gee ek al hoe meer van myself uit vrees dat daar so baie is om te verloor en ek min gaan oorhê sou ek outoriteit durf bevraagteken, maar ook omdat daar niks lekkerder is as daardie warm gevoel om jou hart wanneer jy ander gelukkig maak nie...net om niks meer as satisfaksie te kry tot vanaand wanneer verwyte gegooi word nie.  En moenie dink ek bly stil nie...ek gooi saam terug.

Ek sê
“Ek het net gesigte vir vriende op Facebook, want ek mag nie uitgaan soos ander jongmense van my ouderdom nie”
en hulle sê
“as jy nie skaam is vir hulle nie sal jy hulle huistoe bring”
net om in dieselfde asem te sê
“niemand keer jou om te doen wat jy wil nie”
tot jy die kar se sleutel optel en hoor
“Dis nie jou kar nie!”
Om uit die moeilikheid uit te bly gaan werk ek vir afleiding net om verdink te word van onderduimshede sodra ek nie op tyd arriveer nie.
Maar ek weet van ‘n seuntjie wat ook nie vriende het nie omdat hy skaam is vir ‘n pa wat nie behoorlik ‘n gesprek kan voer nie en deure stukkend slaan.
En daar word gesê
as dit nie vir my was nie het my ma vandag nog ‘n vriendin gehad
en ek sê
“as dit nie vir my ma was wat oorbeskermend is en haar kinders oral heen saampiekel nie het die oom nie met my gemors nie.”
En iewers tussenin is ‘n tannie wat sê
“Jy kon gekies het!”
En ‘n ander sê
“Dis payback time...jou ma kan nie die res van haar lewe vir jou sorg nie!”
en ek sê
“maar ek help gate toestop.”
En ek ry hulle rond na Kersfeesmense toe wie se liefde nie langer hou as tot die dag na Nuwejaar wanneer daar klaar weer iets is om oor te skinder nie, want hulle gesondheid gaan agteruit, maar dis nie goed genoeg nie,
“want nie een aand sit en praat jy met my nie!”
En ek onthou ‘n dag in my lewe wat ek verkeerde ding op verkeerde tyd gesê het.  Ek het vir ‘n tannie vertel ek en my ma baklei van die ongeluk af.  Soos altyd het sy my met familie aan tafel bespreek en die afleiding word gemaak ek’s jaloers wat ‘n moerse fight tot gevolg het, maar eintlik was dit maar net ons verskillende maniere van trauma-verwerking wat onenigheid tot gevolg gehad het...terwyl sy met familie sal praat oor inner feelings sal ek op die bed gaan lê en gedagtes laat loop.  En Snap, Crackle en Pop...daar’s ek weer in die sop bloot omdat sy nie verstaan wat in ‘n introvert se kop aangaan nie.  En ek scheme...fokkit, is geluk my dan nooit beskore nie?
En ek dink aan die dogtertjie binne my wie wegkruipertjie speel in die hoop dat die nagte korter en die dae langer sal word en haar shyness-ding wat meebring dat sy nie meer as twee woorde op ‘n slag praat nie en haar vrees vir moeilikheid sodra sy outoriteit durf bevraagteken.
Saans word daar geskree-gil op ‘n man wat niks voel nie, niks kan doen behalwe eet en slaap nie en dan nog die vermetelheid het om arrogant te raak sodra jy hom wakker maak en vra om brandstof te gaan ingooi of die hek oop te maak voor sy terugtog bed toe.  Die Tien Gebooie kla jou aan as jy hom probeer teengaan.

En ek besluit...that’s it!  Ek’s moeg tennis gespeel en houe uitgedeel.  Ek gaan ‘n toeskouer word.

Ek sien ma’s wat nie vryheid aan bande lê nie en ek sukkel om te verstaan wat met my eie aangaan, maar ek wys nie vinger nie, want dit was my eie toedoen.
Ek hoor van koffie dates in winkels en ma-en-dogter-bande, maar ek sien net ‘n moerse tekort aan vergewensgesindheid wat niks behalwe patches vir verbande meebring as dit kom by my eie nie, en hou op bou.
Want om elke keer deur soveel seer te moes gaan was seker nie lekker nie, maar darem het die leuens onder hipnose oor die skorsing-ding, omdat my geloof soveel sterker is as die mens se krag, Kersfeesmense die vernedering teen vervolging gespaar sodat hulle darem nog elke jaar saam kuier.  En darem is een van my abilities om dit agter my te kan sit met die hulp van my Here, al kan ek dit nie uit-tippex nie, en Kersfeeskos met ‘n smile te sluk eerder as om daaraan te verstik.
En ek troos my by die gedagte dat my ma minder as ‘n jaar gelede self gesê het sy het ‘n vermoede gehad oor wat daardie tyd aan die gebeur was.

En ‘n dag na selfbeseringstyd vertel ‘n vrou hoe baie ek beteken terwyl ‘n ander een my wil roskam oor my letsels.  En ek wonder wat maak my so special, want dieselfde aand nog speel ons stilstuipe by die huis omdat ek die bestelling by die slaghuis per ongeluk omgeruil het die vorige dag; en Ma moes red wat te redde was vanoggend en na dit geskree-gil het in my ore sy’s fokken moeg vir my wat nie ‘n behoorlike gesprek kan voer nie en in my kamer boer.
Dit als net om vanoggend 2uur wakker te word met ‘n migraine erger as ‘n hangover van te veel dink en nie drink nie; en die migraine skree-gil op my liggaam:  “Sy’t pyn!”  En die geklop wil nie ophou nie...
want ek dink aan werkopdragte wat moes in, maar ek weet nie waar om te begin nie coz why...ek’t die geld wat ek moes oorbetaal geGEE vir die huis uit die liefde en diepte van my hart uit.
Vanaand skree-gil verwyte omdat daar nie kos gemaak is nie, maar wat moet jy doen as die bipolêre pa vir wie jy gevra het om te maak sê daar is nie?  ‘n Seuntjie hou hom opsetlik doof, want loof die Here dis nie hy wat afkak nie.
In die agtergrond kerm ‘n ma by haar sussie oor die dogtertjie van ‘n girl se onvermoë om met hulle te praat, maar wat van gisteraand toe sy welkom geheet is met stilstuipe en snorke van verontwaardiging as antwoorde gekry het toe sy probeer geselsies aanknoop het net om weer te verdwyn kamer toe om te besluit hoe die Inleiding van die werkopdragte gaan verloop.
Sy sak net al dieper af in die riool wat dreig om haar te verswelg terwyl geluk net vir sprokiesverhale bedoel is.

‘n Paar oproepe later vaar die ma uit teenoor kollegas by die werk wat natuurlik ‘n invloed het op die kak en drama tuis soos die man wat te sleg is om te kan werk en die dogtertjie van ‘n girl wat net nooit niks kan regdoen behalwe om kak aan te jaag nie.
Die dogtertjie hoor “Keep dreaming!” en sy sien haarself ryloop oppad werk toe in die hoop om ‘n saamrygeleentheid hemel toe te kry, maar dit gebeur nie...want wie is sy as mens om te besluit sy’t nie meer ball sense nie?  Die nagmerrie in the game called Life wil maar net nie end kry nie.  Dit voel so asof selfs die ref teen haar is, maar steeds kyk sy op in verwondering na haar Gibraltar van ‘n rots van ‘n ma se vermoë om soveel op haar skouers te laai...net om teen haar tot poeiersand geslaan te word, want scheme my die vrou dink sy’t klippe gekak vir kinders om te kan rondgooi soos verwyte sonder dat hulle iets oorkom.
Êrens slingervel woorde van vier jaar terug teen die klipkind vas dat sy te hard is op haar ma teenoor wie sy vier jaar later verkrummel tot stofpoeier en dit skree-gil in haar binneste:
“Here, help my!  U weet hoekom die eierselletjie van haar klipkind aangehou groei het tot ‘n dogtertjie wat sy moes baar en ‘n girl wie haar steeds bewonder ondanks haar inability om iets reg te doen wat ‘n disability tot gevolg het by gebrek aan aanvaarding.  Is daar nie ‘n probability dat U die skelgeluid kan keer nie of is ek capable genoeg om verdere scars aan my soul af te weer as sy my uitboul voor dieselfde familie vir wie sy sê:  ‘As dit nie vir hierdie kind was nie...?’
Coz why...ek’s moeg om rondgeslinger te word.  My inabilities en disabilities eggo nou al in my ore, maar die seisoen waarin verwyte hoogty vier en liefde doodryp wil maar net nie escape nie.”

En ek troos myself aan die gedagte...

kyk jy deur die krake van ‘n moederhart waaruit liefde plek-plek drup dan onthou jy eens op ‘n tyd toe haar klipkind gebaar is was daar liefde in oorvloed.  En besides...jy alleen met jou inabilities en disabilities kan nie alleen daarvoor verantwoordelik gehou word nie...daar’s ook ‘n man wat niks anders kan doen as slaap nie en die seuntjie vir wie jy net goed genoeg is as jy hom help met wie sy kop in een mus is...meer uit jammerte oor wat met hom gebeur het.

Nes haar gebrek aan vergewensgesindheid ook nie net altyd te wyte kan wees oor die seer wat jy haar aangedoen het nie, want jy het al meer as een keer jammer gesê...en jy dink aan haar mislukte huwelik waarvoor sy haarself nie kan vergewe nie.

Darem is daar nog ander wat die klipkind liefhet...

No comments:

Post a Comment