Saturday, September 17, 2011

‘n Vrou se liefde

vir haar kinders
en die vir haar man
is nou maar net
nie dieselfde nie...

om nie eers te praat
van haar liefde

vir haar God,

haar ouers,
broers en susters
die skoonfamilie,
haar vriende
en die kollegas
by die werk nie.

Die liefde vir
haar ouers
is meer uit
dankbaarheid

uit vir dit wat
hulle in hul
lewe moes opoffer

terwyl haar liefde
vir broers en susters
meer van ‘n soort
Kersfees liefde is
wat een keer ‘n jaar
behoorlik uitstaan
wanneer hulle
saam kuier vir die dag,

want lank terug was hulle
immers hul ouers se
geskenke van God af.

Soms is dit ook baseer
op om daar te wees
vir mekaar in tye van nood
sedert kleintyd toe
hulle in dieselfde huis
saam grootgeword het.

Die vir haar man lê
in die mate waarin
hulle sielsgenote is

en die vir die skoonfamilie
is soort van ‘n ruiltransaksie –

vir solank as wat hulle nie
in haar huwelik inmeng nie
is sy meer as tevrede.

Haar liefde vir haar kinders
is meer van ‘n innerlike ding
wat reeds begin tydens
swangerskap en vir ewig
voortduur lank nadat die
naelstring reeds geknip is;

so ook haar liefde
vir haar God
aan wie sy saans
geliefdes na
aan haar
hart opdra.

Die vir haar vriende is meer
van ‘n samesynsliefde –
sy is op haar gelukkigste
wanneer hulle elke keer
in mekaar se geselskap
is en tyd saam deurbring.

Die vir haar kollegas
by die werk is
meer van ‘n vermoë,

want soms moet jy glo
hare op jou tande hê
en ‘n wag voor
jou mond plaas.

No comments:

Post a Comment