Tuesday, September 27, 2011

All shapes and sizes

“Jy is ‘n Vettie!  Jy is ‘n Vettie!”

Weet jy wat?  Ek haat daardie vier woorde en nie myself na gister nie, want ek het so in die wêreld ingekom om my debuut te maak.  En besides...ek’t nog nooit ‘n vettie teëgekom wat nie lekker kan lag nie en as ons seerkry is daar darem daardie lagie vet as skokabsorbeerder wat die maeres nie het nie.

En ja, na Angelique en Calla my in die kleuterskool gespot het oor my gewig het selfs Oom Dokter gister vir my gesê ek’s oorgewig.

Wat hulle nie weet nie is dat ek myself nie trommeldik vreet nie.  Omrede ek self nie gelukkig is met my liggaamsbou nie wag ek vir my kop om te laat weet dis tyd om te eet en etenstyd eet ek min tot g’n kos nie.
Die vet in my maag, arms en bene het ek so gekry...dis nie asof ek daarvoor gevra het nie, want dit sit in my gene nes my lengte beperk is tot dié van my ouers.  Dieselfde met die grootte van my tieties – ek kon dit nie kies nie.
Vir oefening trap ek fiets en loop ek ver ente op die Health Walker, maar dit maak nie van my ‘n minder growwe vrou in terme van my beenstruktuur nie.  Boonop gaan ‘n rietskraal middellyf en ‘n growwe beenstruktuur uit proporsie wees, so annoreksia is nie ‘n opsie nie.
Ek wonder wat sal die hele blêrrie spul sê as hul moet weet ek’t bietjie meer manlike hormone ook met die dat ek baard kry, maar ongelukkig maak dit my metabolisme nie so vinnig soos Caster s'n nie.
Oom Dokter hoef darem nie bekommerd te wees dat ek nog vetter sal word nie, want met die dat ek vrouwees nie so kwaai like as gevolg van die een-keer-‘n-maand-ding en die grootte van my tieties nie, verkies ek dit om nie swanger te word nie.  Nie net gaan ek ‘n boepens kry as ek ‘n mensie binne my moet ronddra nie, maar moedersmelk gaan my borste nog groter laat vertoon.
Besides...afgesien daarvan is ek ook nie enige man se seksmasjien nie, want na my verkragtings laat ek niemand in die binnekamers van my hart toe nie, want ek het my hartkamers afgesper met crime scene tape om my teen seerkry te beskerm.  Liefkry was nog nie weer ‘n opsie nie al is die seer lankal nie meer ‘n issue nie en ek’s nie ‘n resiesperd type of girl wat beskikbaar is vir plesierritte nie.

So you know what Oom Dokter en al die Calla’s en Angelique’e...we all have the same Manufacturer...so is julle bereid om vir Hom voor my te sê:  “Vetties is ‘n fabrieksfout!?”
Nes duplisering there’s no remake option vir already made modelle, want die Verskaffer het nie ‘n landlyn of ‘n selfoon nie en sou my ma my wou return aan die Sender gaan sy nie beloon word met kleingeld nie, wat nog te sê van grootgeld, cause in heaven there’s no money...only angels.

So ek troos myself nie met chocolates nie, maar net met die gedagte dat vetties are just as special as those who were made in heaven without any lagie vet vir protection.
Dié dat ons in different shapes and sizes die wêreld binnekom is nie ons besluit nie, maar Liewe Jesus s’n nes die reënboognasie-idee ook Syne was cause why...Hy hou daarvan om different colors of Smarties te maak to color His world.
Die speserye en kruie binne-in ons add Hy according to taste to make us finger lickin good and (fan)Tastic.  Bisto met diegene wat nie van vetties hou nie, want elkeen van ons se lewenspaadjie het Hy gecreate when we were made in heaven!  So accept dit...ons almal is immers His creatures gebrandmerk met Sy almagtigheid om anders te lyk as ander!

Ons andersheid (karaktertrekke) in eendersheid (made in Heaven) het Hom peperduur gekos, want Hy moes uithaal en wys aan die kruis.  So next time voor jy ‘n vettie uit proporsie wil breek...onthou om vir Hom te vra hoe die parte in mekaar steek!

No comments:

Post a Comment