Wednesday, December 7, 2011

My midnight serenade to you

Die lig wat jy
buite jou
kamervenster
sien skyn is
die vuurvliegies
vir wie ek
gevra het om
jou drome te verhelder.

Die skote
wat buite
afgevuur
word is die
bliksoldaatjies
wat ek gestuur
het om jou
te beskerm.

Vir die feëtjies
het ek
gevra om
die lug wat jy
in jou longe optrek
met ‘n
lagie liefde
te bedek.

Die briesie
wat jy voel trek
is ek
wat jou
met my
gedagtes
‘n drukkie gee
om te sê:

Jy moet ‘n
lekker nagrus hê!

En die soete klanke
van die gezoem
van muskiete
om jou ore
is om jou
te laat weet
wat sal gebeur
sou jy van my vergeet.

No comments:

Post a Comment