Wednesday, December 21, 2011

Die Goue Oues

Waar’s die dae

wat Wimpy
se pryse
laer was as
Woolworths s’n;

wat die gat
in die osoonlaag
gevaarliker was

as Vigs by
die dorpswembad;

wat Volkskas
in plaas van ABSA
die trotse borg van
Noot vir Noot was;

wat
Dirkie-kondensmelk
in die handel
beskikbaar was;

wat kinders
met rooi koeldrank
in plaas van drank
kon partytjie hou;

wat almal na Zet
gesoek het
op ‘n Sondagmiddag

in plaas daarvan
om inkopies te doen;

wat grootmense
dans op die maat
van musiek van plate;

wat petrol
minder as
sigarette kos;

wat die
grêndste fiets
‘n BMX was;

wat jy data
op ‘n floppy disk
gestoor het en nie

‘n skootrekenaar
gehad het wat jy
kon saamvat
op vakansie nie;

wat jy tevrede
moes wees met
‘n Walkman

in die plek
van ‘n MP3;

wat TV-
speletjies in
die plek van

Play Station
gestaan het;

wat kwalifikasies
bo kleur getel het;

wat die beste
span op die veld
instede van geld
die Rugby
Wêreldbeker
gewen het;

wat

Oom Frikkadel
se vrou
en Groep Twee
se Gert

die kinders
voor die TV
besig gehou
het met

Wielie Walie;

wat jou pa
nie ‘n veroordeelde
moordenaar wat
uit is op parool
vir ‘n buurman
gehad het nie;

wat
Afrikaners
nie
‘n
bedreigde spesie
was nie;

wat oranje,
blanje,
blou
die kleure
van die
reënboognasie was;

wat Oom Eugene
en sy perd
simbolies was
van die AWB
en die NP
die meeste setels
in die Parlement
gehad het;

wat die Polisie
met geel vangwaens

in plaas van
gesteelde karre
rondgery het;

wat jy pak gekry het
by die skool net
om weer gevoeter
te word as jy vir

jou ma daarvan vertel;

wat Tik
‘n erkende
skoolvak
en nie ‘n
dwelmmiddel
was nie;

wat die
Poskantoor

die enigste
Post Net-
opsie was;

wat die landlyn
die enigste
telefoon was
en die SOS-foon
langs die pad
die enigste
Speed Dial-opsie
in geval van nood;

wat
Fanie en Melanie
met skooltake
gehelp het
in plaas van
die Internet;

wat PEP-klere
so gewild was
soos Diesel nou is;

wat OR Tambo
en Bobo
onderskeidelik as
Jan Smuts Lughawe
en Bollie
bekend gestaan het;

wat huise nie
tronke was nie;

wat kinders in
die straat kon speel
sonder die gevaar
dat hulle met
hul lewe sal boet
vir goed soos muti;

wat R2’e en
R5’e note was
en ‘n mens met 1c’e
en 2c’e kon betaal?

No comments:

Post a Comment