Wednesday, January 20, 2010

Op jou verjaarsdag

Opgedra aan Dr. Suzanne Bester

Jy
wat vandag jou verjaarsdag herdenk
is vir baie die grootste geskenk.

Jy wat aan ander jou liefde uitstraal –
mag Hy Sy liefde aan jou openbaar
elke dag van die nuwe lewensjaar.

Jy wat weer betekenis aan lewens gee –
mag Hy jou in jou werke seën
en nog lank vir vriende en familie leen.

Jy wat troos aan ander bied –
mag Sy beskermengele saamtrek in ‘n laer
om jou teen die lewe se seerkry te bewaar.

Jy wat vrede bring in ander se gemoed –
mag Sy vredesduif op jou neerdaal
en onstuimigheid uit jou hart haal.

Jy wie ander met hul probleme opsaal –
mag Sy lig in jou lewe so helder skyn
dat jou eie sommer in die niet verdwyn.

Jy wat Suzanne is –
ek hoop jy geniet jou verjaarsdag
waarvoor jy 365 dae lank moes wag.

No comments:

Post a Comment