Ek het van Natalie du Toit gehoor;
mense kan ek nie in die swembad bekoor.
Ek het Nelson Mandela op TV gesien,
maar wil nie as SA se president dien.
Ek het van LJ van Zyl gelees,
maar wil nie ‘n atleet wees.
Van De la Rey het ek op die radio gehoor
as Bok van Blerk mense daarmee bekoor.
Vir Helen Zille het ek op TV gesien,
maar ek wil nie as politikus dien.
Van Steve Hofmeyr het ek gelees,
maar ek wil nie ‘n sanger wees.
Van Peter de Villiers het ek gehoor.
Ek bly ‘n ondersteuner al het hul verloor.
Vir Riaan Cruywagen het ek op TV gesien;
hy wat ons met die Nuus om sewe bedien.
Van Prof. dr. Chris Barnard het ek gelees;
ek sal nie ander kan genees.
Van Bryan Habana het ek gehoor;
hy wat die Loftus-skare met drieë bekoor.
Charlize Theron het ek op TV gesien;
hoe sy haar geld as aktrise verdien.
Van Advokaat Barbie het ek al gelees;
ek wil nie by die Regte betrokke wees.
Van Vinnige Fanie het ek gehoor;
met sy boulwerk het hy ons bekoor.
Bafana Bafana het ek op TV gesien;
hulle wat ‘n inkomste deur sokker verdien.
Oor Opvoedkundige Sielkunde het ek gelees;
werke van Prof. Irma Eloff-hulle om seker te wees.
Van Jesus, Job en Josef het ek gehoor;
ek sal nie mense op die kansel kan bekoor.
Gerrie Hartzenberg het ek in die kerk gesien;
hy wat sy geld as boekhouer verdien.
Van Avbob se Johan de Winnaar het ek gelees;
ek sal nie ‘n begrafnisondernemer kan wees.
Ek het van Niekie van den Berg gehoor;
hy wat ons met Sê Wie op RSG bekoor.
Ek het Danie Odendaal se sepie gesien;
nes Frans Marx is dit hoe hy geld verdien.
Van Raven Klaasen het ek onlangs gelees.
Vir hoe lank gaan hy ‘n tennisspeler wees?
Van Tim Clark het ek onlangs gehoor;
hy wat Suid-Afrikaners op die gholfbaan bekoor.
Toitjie du Toit het ek nog nooit gesien;
hy wat as eienaar van Toits Nissan dien.
Van Giniel de Villiers het ek in Rapport gelees;
wonder hoe dit voel om Dakar-kampioen te wees.
Van Raymond Ackerman het ek gehoor;
hy wat ons met lae pryse bekoor.
Willem Woes het ek op ‘n foto gesien.
Danksy hom kan ons publisiteit verdien.
Antjie Krog se werke het ek gelees;
ek wil soos sy ‘n digteres wees.
No comments:
Post a Comment