Thursday, July 9, 2009

Die einde se begin

Sodra Hy besluit om die punt te plaas
is dit nie die einde helaas.
Afgestorwenes is ver bo ons verhewe
waar hulle saam met Hom lewe.

‘n Lewe saam met Hom is hemels…
Van skinderpraatjies is daar nie sprake
Skoliere en studente kry nie take
Oor die H1N1-virus is geen vrees
Niemand kan meer slagoffers van misdaad wees
Predikante hoef nie ‘n boodskap op te dis
Sangers se stembande kry rus
Regters hoef nie uitsprake te vel
Kassiere hoef nie geld te tel
Huweliksmaats is nie ontrou
Die huishulp hoef nie klere op te vou
Vir die horlosiemaker is tyd nie ‘n kwessie,
so ook nie die ekonomiese resessie
Onderwysers sit nie laatnag en vraestelle merk
Petroljoggies hoef nie op Sondae te werk
Verkeersbeamptes deel nie boetes uit
So ‘n lewe is hemels – dis ‘n feit

No comments:

Post a Comment