Wednesday, July 15, 2009

Adolessensie

Aantreklike tiener of te not -
dit is ons kind, o God.
Hy laat ons gesigte van blydskap straal
as hy elke seisoen die A-span haal.

Gee dat hy nie met maats heul;
die wat dwelmnaalde deel.
Gee dat hy van beter sal weet
en nie later ‘n alkoholis heet.

Gee dat hy sy hardkoppigheid staak;
nie by voorhuwelikse seks betrokke raak.
Gee dat hy besef hy moet hard leer
as hy eendag verder wil studeer.

Gee dat hy sy man sal staan
sonder om iemand met die vuis te slaan.
Gee dat hy daarteen sal waak
om by Satanisme betrokke te raak.

Gee dat hy nie sy hand aan sy eie lewe slaan
as hy nie sy wiskunde stellings verstaan.
Gee dat hy elke dag daarna sal streef
om volgens U gebooie te leef.

No comments:

Post a Comment