Friday, December 31, 2010

'n Leeftyd se stories (Deel 2)

Die bladsy genommer 2010
is propvol herinneringe
oor al die dinge
wat ons sien afspeel het.

Vanaf Januarie tot Desember
het ons daagliks dateer
wat het met ons gebeur
op daardie spesifieke dag.

Beelde van die kere
wat ons uitsonderlike gebeure
op film vasgelê het
geniet die meeste aandag,
behalwe vir woorde wat in
skuinsdruk en vetdruk
vertoon word, onderstreep
is en met hoofletters begin.

‘n Mens kan
sien dat daar
kort-kort deur die
loop van die jaar
kantlynopmerkings
gemaak was.

Na die 52ste week
is daar ‘n bladsybreek.

Met my muis beweeg
ek na die volgende bladsy
waar ek ons name as
outeurs in die bladsyboskrif kry.
Onderaan is die bladsy
genommer 2011.
Ek en jy is self
verantwoordelik vir die detail.











'n Fabelagtige 2011 vir jou

Mag jy 2011 inloop
met oorgenoeg hoop
van Hansie en Grietjie
en jy soos Chicken Little
opnuut bewus word
dat Hy Sy seën
vanuit die hemel
op jou uitstort.



Thursday, December 30, 2010

Happy Birthday, Chantel!

Congratulations on
Having your birthday today
And may the
New year
That’s ahead be filled with
Endless blessings and
Lots of love

Lekker verjaar, Leandra!

Lekker verjaar!
Ek hoop
Al jou drome word waar in die
Nuwe lewensjaar en bid
Dat die Heer jou
Ryklik sal seën in
Als wat jy doen tot Sy eer

Monday, December 27, 2010

Say Cheese

Ek wil jou glimlag
fotostateer, opvou
en in my sak druk
om byderhand te hou
die dae wanneer
verlange na jou
my soos ‘n
wolkombers omvou.

Geluk met jou verjaarsdag, Estelle

Skoppensvrou, hierdie is spesiaal vir jou...

Ek bid vir jou
Seën
Toe
En hope
Liefde en geluk vir die nuwe
Lewensjaar
En ek hoop jy word nog lank gespaar

Sunday, December 26, 2010

My gebed vir Kersfees in jou hart

Noudat Kersfees se
liggies uitgedoof is;
die geritsel van
geskenkpapier stil raak;

Kersmusiek besig is
om uit te faseer;
die engel aan die kersboom
nie meer “shine” vang;

ons die samesyn
van geliefdes mis...
is my gebed dat jy
vir Jesus sal plek maak

in jou hart
totdat Hy weer
eendag aarde toe kom
omring deur englesang.





Wednesday, December 22, 2010

Departement Opvoedkundige Sielkunde 2010

Sonja het Ouditorium toe getrek;
Monaheng se vraestelle het uitgelek;
Dr. Mampane doen navorsing oorsee;
Janine het haar bedanking ingegee;

Dr. Ferreira het Professor geword;
Lazuros is sak en pak fort;
Michelle beklee nou ‘n ander pos;
Doktor Mokgadi het Tukkies gelos;

Ruth en Hermien is met doktorsgrade vereer;
Melanie het aansoek gedoen om verder te leer;
Freda is nou Mevrou Coetzee;
aan Adrie is ‘n pragtige kleinkind gegee;

Professor Ebersöhn is OVSA President;
Doktor Bester is nou ‘n OPV-dosent;
Tilda se doktorale skripsie is uiteindelik klaar;
Saffiya is nuut aangestel vanjaar;

Dr. Lubbe-De Beer se uitruilstudente
het na Nederland teruggekeer;
Marina kap dit uit met haar gesondheid;

behalwe vir Laurens en Sjouke was
Prof. Claudia Dalbert ook ‘n gas
in die departement gewees –
sý het hoofsaaklik idees
met Doktor Human-Vogel uitgeruil
die tydperk wat sy hier verwyl het;

Professor Maree is vereer
met die Kanselierstoekenning
vir Onderrig en Leer
en die Stalsprys vir Sielkunde;

Dr. Mohangi het vroeër vanjaar
‘n praatjie gelewer by die Seminaar
oor Opvoedkundige Navorsing oor MIV/VIGS;

tydens ‘n prestige geleentheid
wat Prof. Ferreira moes bywoon
is sy met die toekenning vir
Uitsonderlike Jong Navorser beloon;

Janna doen volgende jaar internskap
terwyl Charity en Andreas
na hul tweede jaar aanstap.

Isebel se kant van die verhaal

Die volk in die dorp
sien my as Isebel.
Hulle glo ek
hoort in die hel.

Hulle wil my
vir die honde gooi,
maar hy’t op my jag gemaak
soos ‘n jagter op sy prooi.

Hulle het nie gesien
toe hy my plattrek.
Die honde behoort
sy bloed op te lek.

Tuesday, December 21, 2010

Happy Birthday Cobus

Congratulations
On having your
Birthday today – may you experience
Unlimited
Showers of Blessings

Monday, December 20, 2010

Kersfees

Kom kyk - die
Een wat ons kom
Red lê in ‘n krip in ‘n
Stal terwyl die mensdom
Fees vier
En saam met die
Engele sing
Stille Nag





Wednesday, December 8, 2010

The angels above

I don't need
Christmas lights
or an angel on
top of my tree
because those
shining above me
provide enough
light in my life.

Die engele daarbo

Ek het nie 'n engel
en kersliggies nodig
om my kersboom
mee te versier nie,
want die wie
se liggies van Bo
af skyn maak
genoeg lig in my lewe.

Dis al hoe ek leer

As ek nie op 'n
aanmaning
reageer...
onthou om my
te dreig
die tweede keer!

Saturday, November 27, 2010

Ha Ha

Skoppensboer,
jou moer,
ek wag vir jou
om my te poke
en te sê die dood
is net ‘n joke.

NS: Dankie vir die inspirasie, Rudi

‘n Vrye vers daar Bo iewers

Die digwêreld
het ‘n metafoor
in ‘n oogwink
verloor die
oomblik toe die
enjambement
haar na die
hemel wend.

Nou’s jy ‘n
rympatroon
wat in die
hemel woon.

NS: Dis jy, Robelle

Robelle

Robelle, jy's nie meer hier
Op aarde
By ons nie, maar
Een ding is verseker:
Lesers sal jou naam nog
Lank laat
Eggo



Dood

Damn, jy kom
Op die mees
Ongeleë
Donnerse tyd!



Friday, November 26, 2010

Margaret

Margaret, ons wat
Agterbly
Rou, maar
God, die
Almagtige, het nou
Rede om te lag, want Hy’t ‘n
Engel
Teruggekry vandag

Vriendin

Vat die
Raad wat ek vir jou gee
In hierdie moeilike tyd
En maak daarmee
Net wat jy wil, solank jy
Dit net nie
In die grond vertrap
Nie!

Wednesday, November 24, 2010

Horende doof en siende blind

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
4 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 4 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
KASKAR
WIELE
PILLE
BRILLE

Die diere in die bos
het in groot getalle
opgetrek na die Kaskardag.
Hulle kon nie meer wag
om te kyk hoe elke
deelnemer se KASKAR lyk.

Jakkals met sy slinkshede
was vas oortuig
die ander deelnemers sou
teen hom die knie buig.

Groot was die verbasing toe
Oupa Uil daar opdaag,
maar niemand het gewaag
om hom te vra of hy nie behoort
te rus nie. Hy is immers een
wat nooit sy middagslapie mis nie.

Eers toe Koning Leeu aankondig
die deelnemers moet hulle plekke
inneem het Jakkals dit gewaag
om ‘n vraag aan Oupa Uil te rig
wat in die baan langs syne
stelling ingeneem het.

Jakkals het gevra: “Oupa Uil,
hoort jy dan nie in die bed?”
Oupa Uil het net sy kop geskud
en homself reggemaak vir die rit.

Toe die skoot klap het
die deelnemers laat waai.
Om die eerste draai
het Wolf se WIELE moeilikheid
gegee en dit bring toe mee
dat Ystervark hom verbysteek.

Soos altyd het Skilpad
die agterhoede gedek
terwyl die ander al amper
by die wenpaal trek.

Bosbok het teen die
kant reëling vasgery
en Likkewaan kon nie
weer sy KASKAR
aan die gang kry toe
dit eers gaan staan het nie.

Jakkals was toe die een
wat die knie moes buig
toe Oupa Uil met ‘n gejuig
eerste oor die wenstreep is.
Almal was verbaas, selfs die
seremoniemeester, Meneer Haas.

Dis toe dat Oupa Uil sê:
“Vir die van julle wat wonder
waarom ek nie vandag in die
kooi lê nie...ek het gister
na Dokter Bobbejaan
se spreekkamer gegaan
omdat ek vir jare sukkel
om saans te slaap.

In plaas daarvan dat hy
vir my PILLE gee wat jou
help om te slaap skryf
hy toe ‘n stropie voor.
Ek wou nog by hom hoor
wat op die botteltjie staan
omdat ek sukkel om te lees,
maar is toe vort na Blouwildebees.

Teen die aand se kant toe
ek by die rivier gaan was
besluit ek om vir Krokkodil
te vra wat op die botteltjie staan,
maar ek het vergeet ek het nie
my gehoorapparaatjie aan nie.
Eers vanoggend toe ek ‘n draai
maak by die apteek om te hoor
wat kos hulle wye verskeidenheid
van BRILLE verneem ek dat dit
Bioplus was wat Dokter Bobbejaan
vir my gaan staan en voorskryf het.”

Boodskap: Soms moet ons onsself horende doof en siende blind hou om die beste prestasies te vermag.









Tuesday, November 23, 2010

Happy Feet

English version

If I say my feet don't
touch the ground today,
then it actually means I'm
on cloud number nine.

Happy Feet

Afrikaanse weergawe

As ek sê my voete
vat nie vandag
grond nie dan
bedoel ek eintlik
ek is in die
sewende hemel.




Kersvader se storie

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
4 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 4 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
SAGTE
ROOI
VERLEI
WOORDE

Kersvader se oorpak
is nou wel ROOI
en sy SAGTE, wit baard
lyk tog al te mooi,
maar nie eers dié
prentjiemooi verhaal
sal maak dat Kersmoeder
hom vergewe nie.

Kersmoeder voer aan
sy WOORDE aan haar
jare gelede was soos
musiek in haar ore, maar
dat daar absoluut niks
van gekom het nie.

Kersvader het haar glo
destyds met allerhande
praatjies VERLEI soos dat
sy baie presente sal kry
as sy met hom trou,
maar nou bederf hy haar
slegs een maal per jaar
wanneer Jesus verjaar.







Wednesday, November 17, 2010

Mamma

My mamma is
Absoluut die beste
Ma wat ‘n
Mens kan kry op
Aarde



Monday, November 15, 2010

Eksamentyd

As kampus stil raak
kan jy maar weet
die studente is besig
om reg te maak
vir die eksamen
wat eersdaags begin.

So sal ek JOU onthou

Jy's
Oulik en
Uniek





Sunday, November 14, 2010

Saturday, November 13, 2010

Visserman van formaat

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
4 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 4 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
BEDERF
SAND
ROTS
ERKEN

Hier waar ek
langs jou
op die strand
sit en speel
met die SAND
wat ons
tussen ons
tone kielie
sien ek
‘n visserman
wat op die ROTS
staan en hengel
en ek dink aan jou,
my engel.

Ek moet ERKEN,
nes hy moes jy
ook maar lank
gewag het voordat
jy iets gehad het
in jou vangnet.

Maar ek was nie
enige vangs nie –
ek was spesiaal,
want jy het my
BEDERF met oesters
en sjampanje
toe ek sinker en al
vir jou val.




Wednesday, November 10, 2010

Verjaarsdagwense vir Adrie

Aan 'n
Dierbare vrou – mag God jou
Ryklik seën
In die nuwe lewensjaar
En nog lank spaar

Tuesday, November 9, 2010

Kakofonie van klanke

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
SPEEL
SIMFONIE
SERENADE

Voor die krieke se
simfonie-orkes
Siembamba se
inleiding begin speel
en Klaasvakie vir
jou kom serenade
wil ek sê: Jy moet
‘n lekker nagrus hê!




Monday, November 8, 2010

Pensioners talk like this

65% of the time
others like what
your knowledge
can do
and the rest
of the time
they appreciate
the inner you


Pensioenarisse praat so

65% van die tyd
word jy waardeer
vir jou kennis
en die res
van die tyd
vir die
soort mens
wat jy is


Gee my ‘n kabinet vol vriende – los maar die drank!

Vriende is soos goeie wyn -
hoe ouer hulle word,
hoe meer gesofistikeerd
hul idee omtrent 'n
verjaarsdagpersent vir jou.

Saturday, November 6, 2010

Rus In Vrede

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
TOTSIENS
SEER
MAAT

Maat, my
hart is seer
omdat ons
Liewe Heer
jou so skielik
kom haal het,
maar ek weet
dat gebed
genesing
sal bring.

Dis tyd om
te groet,
so ek sê
totsiens,
tot ons weer
in die Huis
van ons Heer
ontmoet.




Friday, November 5, 2010

Die bruilofsfees


Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
DANS
VERLEIDELIK
SPORTS

Die sports het begin
toe dit tyd word
om te dans en die
bruidegom se
skoonsuster ewe
verleidelik begin
met haar
sensuele passies.

Hy het natuurlik te
veel drankies ingehad
en toe haar gelaat
met sy vrou s’n verwar.

Eers die volgende oggend
nog half deur die mis
kom hy agter dat dit
verkeerde tweeling is
wat langs hom lê
toe sy vrou bel en vra:
“Waar draai jy heelnag?
Ek lê vir jou en wag.”


Thursday, November 4, 2010

Klein Jannie kan nie

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
STOUT
VAT
LAG

Die pas getroude
paartjie het besluit
die huweliksnag is
die regte geleentheid
om mekaar
intiem te bestudeer
en so het dit
toe ook gebeur.

Eers raak hy stout
en vat aan haar boud.
Dan vroetel sy
met haar koek
tot hy laat waai
met sy broek.

Dis toe dat sy
hardop begin lag
in die middel
van die nag,
want voor op
sy onderbroek
staan Self Raising,
maar daar’s g’n knop.







Nature’s secret

If only trees
could whisper
we would
have known
much more
than we do
right now.

Wednesday, November 3, 2010

Die grotes se geheim

Die reuse van die
Jakarandastad
weet van meer
gevallestudies

omtrent lentebabas
wat die lig gesien
het as die professor
voor in die lesingsaal,

maar hulle praat
nie uit oor die
meisies wat kampus

se hek binne is
op die Pil en
uit is met ‘n prêm nie.



Jy’s gemaak met ‘n doel

Binne-in Jesus
se gereedskapkas
is daar ‘n plekkie
waarin jy pas,
want Hy gebruik
jou in Sy taak
om van die wêreld
‘n beter plek te maak.

Hy’s so hot


Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
OMHELSING
WATER
STOOM

die tye wat
ek in sy
omhelsing
in die bad
deurbring
stoom die
water om
ons behoorlik

Tuesday, November 2, 2010

Slang

Verjaarsdagwense vir Jolanda

Jy moet 'n
Ongelooflike
Lekker dag hê en mag die
Allerhoogste jou
Nog lank spaar vir
Die geliefdes in jou lewe
As dit Sy wil is

Vier seisoene kind (Deel 4)

Jy't winter betree
as jou borste
wat op ‘n tyd
gedrup het
van heuning
nie meer
versadigheid
bring omdat
dit hang
en jou
skaamdeel
hom begin verveel.
***

Op haar beurt
sal sy jou
eenkant toe skuif
wanneer jou penis
nie meer verstyf
en sy nie meer
genot kan put
uit ‘n Rough Rider rit.



Monday, November 1, 2010

Jy’s gehook

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak

van die gedig was:
ONTKETEN
MIS
RUSTIGHEID

Ek mis die
rustigheid
wat die
aanraking

van jou
sagte vingerpunte
in my ontketen
op dae soos vandag

wanneer
stormsterk winde
my hart laat
ronddobber,

maar jy’s nou
Jesus se vangs.

Friday, October 29, 2010

Winde van verandering

Die eerste stap
van verandering
begin by jouself –
maak nie saak
hoe grotesk
die uitwerking
wat jy met jou
plan wil meebring.



Wednesday, October 27, 2010

Wondersoete slaap

Sorg asb. dat hy
of sy wat hierdie
woorde lees
vannag ‘n sagte
rusplek vir sy of
haar hoof kry
en mag hulle die
warmte geniet
wat U
liefdeskombers
‘n mens bied.


Tuesday, October 19, 2010

Jy’s uniek,

want na jou
het ons Heer
nooit weer
so model gebou.

Dit is Sy norm
dat niemand
dieselfde vorm
as ‘n ander
moet aanneem,
want duplisering
sal nie die mooi
in elkeen uitbring.



Sunday, October 17, 2010

So sal jy onthou word

Jy gaan slegs
een maal
deur die lewe,
maar die indrukke
wat jy maak
is so blywend
soos Sy belofte
van die ewige lewe.



Thursday, October 14, 2010

Tjailatyd

Ek slaan my oë op
na die horlosie
bokant my kop.

Die lange is
op die twaalf
en die korte
op die vier.

Ek is dank
vader bly
nog ‘n dag
is verby.

Thursday, October 7, 2010

ouma@indiehemel.gov.za

Bestel solank
vir ons twee
diabeetbeskuit en
bitter rooibostee,

want sodra
ek aanland
gesels ons
land en sand

oor alles
en nog meer
by die voete
van ons Heer.

Monday, September 27, 2010

Rinkinkery tussen die lakens

Die maan het my
glimlaggend
verseker dat jy nie
verdwaald sal raak

wanneer jy
‘n draai in
droomland
gaan maak,

want Hy
wat oor die
sterre waak

sal sorg dat
hulle lig maak.

Sunday, September 26, 2010

Vier seisoene kind (Deel 3)

Jy weet jy't
herfs
in jou lewe
betree

as jou
huweliksmaat
nie meer
alles gee

en jou
aanraking

‘n verfloude
sensuele
prikkeling

tot gevolg het
in die bed.

Tuesday, September 21, 2010

Webwerf wat wemel van woorde

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
WOES
VRIENDE
EENSAAM

Selfs skrywers
wat eens
op ‘n tyd
eensaam
was
klim hier
uit hulle
kassies uit,

want nie
net bied
Woes jou
geleentheid

vir die
tentoonstelling
van jou
kreatiwiteit,

maar leer ken
jy vriende
van Afrikaans
wêreldwyd

wat leer uit
mekaar se
kommentaar uit.

Sunday, September 19, 2010

besteantivirusprogram@wêreldwyd.com

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
INFILTREER
VROLIK
BROOS

Die wat U
gekies het
vertoon vrolik
Liewe Heer,

so my gebed
is dat U
my sisteem
sal infiltreer,

want sonder
U as
anti-virus
om Satan te keer
is ek te
broos
om sy aanslae
af te weer.







Saturday, September 18, 2010

Jy’s onlosmaaklik deel van my bestaan

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
UITBASUIN
BEMIN
SKETS

Vra ander my
om ‘n prentjie
te skets
van die een
wat ek bemin
dan weet ek
nie of ek
moet begin

by die
glimlag
wat om jou
mondhoeke
speel
as ons ‘n
spesiale oomblik
deel

of
jou oë
wat altyd
skitter van
opgewondenheid
nie, want

beide
maak my
stapelgek
van liefde,
soos in so
dat ek

saans as ek
slaap jou naam
uitbasuin
omdat jy nie
uit my gedagtes
wil verdwyn.