Die volk in die dorp
sien my as Isebel.
Hulle glo ek
hoort in die hel.
Hulle wil my
vir die honde gooi,
maar hy’t op my jag gemaak
soos ‘n jagter op sy prooi.
Hulle het nie gesien
toe hy my plattrek.
Die honde behoort
sy bloed op te lek.
No comments:
Post a Comment