Hierdie is geskryf
as deel van 'n
4 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 4 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
KASKAR
WIELE
PILLE
BRILLE
Die diere in die bos
het in groot getalle
opgetrek na die Kaskardag.
Hulle kon nie meer wag
om te kyk hoe elke
deelnemer se KASKAR lyk.
Jakkals met sy slinkshede
was vas oortuig
die ander deelnemers sou
teen hom die knie buig.
Groot was die verbasing toe
Oupa Uil daar opdaag,
maar niemand het gewaag
om hom te vra of hy nie behoort
te rus nie. Hy is immers een
wat nooit sy middagslapie mis nie.
Eers toe Koning Leeu aankondig
die deelnemers moet hulle plekke
inneem het Jakkals dit gewaag
om ‘n vraag aan Oupa Uil te rig
wat in die baan langs syne
stelling ingeneem het.
Jakkals het gevra: “Oupa Uil,
hoort jy dan nie in die bed?”
Oupa Uil het net sy kop geskud
en homself reggemaak vir die rit.
Toe die skoot klap het
die deelnemers laat waai.
Om die eerste draai
het Wolf se WIELE moeilikheid
gegee en dit bring toe mee
dat Ystervark hom verbysteek.
Soos altyd het Skilpad
die agterhoede gedek
terwyl die ander al amper
by die wenpaal trek.
Bosbok het teen die
kant reëling vasgery
en Likkewaan kon nie
weer sy KASKAR
aan die gang kry toe
dit eers gaan staan het nie.
Jakkals was toe die een
wat die knie moes buig
toe Oupa Uil met ‘n gejuig
eerste oor die wenstreep is.
Almal was verbaas, selfs die
seremoniemeester, Meneer Haas.
Dis toe dat Oupa Uil sê:
“Vir die van julle wat wonder
waarom ek nie vandag in die
kooi lê nie...ek het gister
na Dokter Bobbejaan
na Dokter Bobbejaan
se spreekkamer gegaan
omdat ek vir jare sukkel
om saans te slaap.
In plaas daarvan dat hy
vir my PILLE gee wat jou
help om te slaap skryf
hy toe ‘n stropie voor.
Ek wou nog by hom hoor
wat op die botteltjie staan
omdat ek sukkel om te lees,
maar is toe vort na Blouwildebees.
Teen die aand se kant toe
ek by die rivier gaan was
besluit ek om vir Krokkodil
te vra wat op die botteltjie staan,
maar ek het vergeet ek het nie
my gehoorapparaatjie aan nie.
Eers vanoggend toe ek ‘n draai
maak by die apteek om te hoor
wat kos hulle wye verskeidenheid
van BRILLE verneem ek dat dit
van BRILLE verneem ek dat dit
Bioplus was wat Dokter Bobbejaan
vir my gaan staan en voorskryf het.”
Boodskap: Soms moet ons onsself horende doof en siende blind hou om die beste prestasies te vermag.
No comments:
Post a Comment