Saturday, November 13, 2010

Visserman van formaat

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
4 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 4 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
BEDERF
SAND
ROTS
ERKEN

Hier waar ek
langs jou
op die strand
sit en speel
met die SAND
wat ons
tussen ons
tone kielie
sien ek
‘n visserman
wat op die ROTS
staan en hengel
en ek dink aan jou,
my engel.

Ek moet ERKEN,
nes hy moes jy
ook maar lank
gewag het voordat
jy iets gehad het
in jou vangnet.

Maar ek was nie
enige vangs nie –
ek was spesiaal,
want jy het my
BEDERF met oesters
en sjampanje
toe ek sinker en al
vir jou val.




No comments:

Post a Comment