Ons lewens het soos legkaartstukke gepas;
nou hou jy my nie meer styf vas.
Op ‘n tyd het jou lippe myne aangeraak;
nou het ek niemand om mee liefde te maak.
Op ‘n tyd kon ek met my kop op jou skoot lê;
nou lyk dit asof jy my nie meer wil hê.
Op ‘n tyd kon jy vir ure met my hare speel;
nou’t jy iemand anders met wie jy jou lewe deel.
Op ‘n tyd het my hand in joune gepas;
nou is als herinneringe - deel van wat was.
Op ‘n tyd het ek gedink ons het ‘n toekoms saam;
nou’t ek jou deur my vingers laat glip en kry ek skaam.
No comments:
Post a Comment