Mense hou meer van jou
al is ons dieselfde gebou.
As ek vertroue in myself verloor
loop jy natuurlik daarvan oor.
As my hart in skerwe spat
bly joune heel al die pad.
As ek met ‘n probleem sukkel
het jy al klaar ‘n oplossing ontwikkel.
As moedeloosheid by my sy tol eis
is dit asof hoopvolheid op jou gesig wys.
As ek van opinie verander – onder druk swig –
bly jy hardkoppig en loop almal maar lig.
As roekeloosheid by my posvat
bly jy versigtig al die pad.
As ongeduldigheid my bestaan oorheers
sien ek jou geduldigheid dan eers.
As ek mense haat
is jy nie vir hul kwaad.
As ek swartgalligheid braak
dan steek jy die draak.
Ek en jy vul mekaar so goed aan –
daar’s niemand wat my beter verstaan.
Kan ons vir een dag plekke ruil –
jy hier – terwyl ek agter glas skuil?
No comments:
Post a Comment