Friday, August 26, 2011

Thursday, August 25, 2011

Wednesday, August 24, 2011

Tuesday, August 23, 2011

Die bou van ‘n ma

Sy’t ‘n nek
wat kan rek
soos ‘n
kameelperd

sodat sy
op ‘n
afstand
kan staan
en sien wat
aangaan

en oë wat drup
soos ‘n kraantjie
as sy na familie
verlang wat ver is.

Sy’t antennas vir
ore wat als opvang.

Haar neus haak sy soos
‘n Venter-sleepwaentjie
aan die vir wie sy omgee
se hartsake en daarmee
kom sy agter die kap van die byl
wat maak dat hulle huil.

Die klanke wat
uit haar mond kom
as sy raas klink nes
die van ‘n slagorkes.

Haar hart het
soveel spasie
soos ‘n mini-
bus taxi in Soweto
en die vir wie
sy lief is druk sy vas
teen haar perfuum-
gegeurde borskas.

Sy het soveel hande
soos ‘n seekat
en dit maak dat
sy kan multi task.

Sy’t ‘n skoot
so groot
soos ‘n skottelbraai
om meer as een
kind gelyk
te kan oplaai.

Sy’t knieë van jelly,

want sodra sy klaar
die Bybel gelees
het kruip sy rond
op die grond.

En sy’t nie
een been nie,
maar twee
met voete
so vinnig
soos Flash

waarmee sy
jou inhaal
van agter af

as jy weghardloop
vir moeilikheid in die
hoop om dit te vermy.

Die storie oor die engel


Monday, August 22, 2011

Geagte Meneer die Minister

Gister moes ek myself
vrywilliglik oorgee
aan die SAPD
vir bystand, maar

wat ‘n sirkus!

Na die derde oproep
45 minute later
moes ek verneem
hulle sit met ‘n probleem –
daar is geen voertuie
beskikbaar nie.

15 minute later
nadat ek self
moes plan sien
om daar uit te kom

staan die
polisievoertuie
netjies in ‘n
ry geparkeer

voor die deur
van die
aanklagkantoor.

Nou wonder ek
of hulle nie eerder
met ‘n finansiële
krisis op hande sit nie...

dat hulle eerder nie
genoeg fondse het
vir brandstof nie.

Van sigbare
polisiëring is daar
lankal al nie
meer sprake nie.

Die perde is seker
deur die dood
geprivatiseer
nadat hulle vir
maande of meer
nie kos gekry het nie

en die fietse se wiele
is of afgesteel
of nie meer heel
nie weens die

slaggate in die pad.

Binne die
aanklagkantoor
is daar ‘n

stuk of ses besig
om koeverte met
bewysstukke in
‘n boks te pak

terwyl ‘n
ander een
hulp verleen

aan ‘n kollega
wie se
koeëlvaste
baadjie
nie behoorlik
vaskom nie.

Van die
telefoonoperateur
verneem ek weer
dat daar nie voertuie
beskikbaar is toe ‘n
persoon met die van Ras
inbel omdat daar waarskynlik
moeilikheid by sy huis was nie.

Twee ure later
stap ons eers daar uit

nadat ek en my ma
in onderskeie vertrekke
deur dienaars van
die gereg ondervra
is oor die voorval
wat plaasgevind het

terwyl die diewe
nou al drie ure gehad het
om hulself uit die voete te maak,

maar daarmee het die
polisie nie ‘n saak nie.

Dis ‘n dag later.

Ek beskik reeds
oor ‘n saaknommer,

maar wag nog

dat hulle sal uitkom
om vingerafdrukke te neem
en sit met ‘n probleem
oor hoe ek by die werk kom.

Intussen het die krimineel
seker al met ‘n
korrupte amptenaar
by die grenspos gereël
om landuit te gaan
in ruil vir omkoopgeld
wat hy met geweld
in die hande gekry het,

in die kar van die ou
wat ‘n uur na my
by die aanklagkantoor
‘n verklaring kom aflê het

en vir wie die
konstabel gesê het:
“Ry en gaan kyk
of jy nie jou kar kry nie!”,

nadat sy verneem het
die kar het net ‘n bietjie
brandstof ingehad.

So sal u asseblief
hierdie brief
aan Kersvader
gee om te lees?

Dalk sal iemand
soos hy bereid wees
om karre te sponsor
sodat hulle teen 2012 vir
die publiek behulpsaam
kan wees by misdaadtonele

en ken hy ‘n boer
met perde en voer

en dalk kan hy vir hulle
patch en solution stuur
of hulle van fietse voorsien
afhangende van die nood hier

en hoe groot sy budget is.

Intussen gaan ek
maar reg
in eie hande neem
en voortgaan
met die vervang
van slotte
en die ignition
wat hulle beskadig het.

En sou die kriminele
weer kom besoek aflê
gaan ek net inbel om te sê:

“Dis nie nodig vir
polisieversterking nie,
want ek het die
skelms self aangekeer
by wyse van
‘n silencer
om julle taak vir
julle te vergemaklik.”

21/08/2011

I declare war as far as it concerns my personal stuff


For attention:  All former Hijackers and Thieves 

You can not
blame me

if you try
to steal the car
and you die
on the spot

like Thabo.  

So please
arrange with me
beforehand to be
around in order to

prevent the spreading
of deadly gasses
upon entering. 

Remind me to take
out the snake
unless you
know its name. 

I did this for the
protection of
my own car

and to save
the SAPS time
for coming
out to crime
scenes as they
are always
short of vehicles;
and because

you guys know
how to bypass
Tracker and Netstar.
 
NS:  See you
          in heaven
          unless you
          know the pin
          code of the
          system and

          forgive me
          for protecting
          myself against
          a being

          like you.