Eendag, lank gelede het Rooikappie
geloop en smul aan ‘n happie
toe ‘n varkie vir haar sê
Wolf het sy huisie in puin gelê.
Hulle begin toe die nuus versprei -
Wolf het die varkie ondergekry.
Eerste vertel hul vir Gouelokkies
wat haarself skrik uit haar sokkies.
Die Drie Beertjies het als gadegeslaan
en wou dadelik weet wat aangaan.
Toe Rooikappie vir hulle vertel
het hulle gehardloop soos die hel.
Toe die Sewe Dwergies daarvan hoor
wou hulle Wolf kaal hande vermoor,
maar Sneeuwitjie het hulle kalmeer
want sy was bang hulle kry seer.
Hansie en Grietjie het vasgesteek
waar hul besig was om brood te breek
en besluit om alles net so te los
en die res te volg deur die bos.
Die heks in die lekkergoedhuisie
was geheel en al nie by haar wysie.
Hulle het haar maar laat staan
en met hul roeping voortgegaan.
Rooikappie se ouma trek van skok
haar onderklere aan bo-oor haar rok.
Die houtkapper het met hulle gestry -
natuurlik omdat hy aan Altzheimers ly.
Ouma het gedog hy trek hulle ‘n streep
en het hom aan sy hare agterna gesleep.
Net toe hulle vir Jan wou sê
Wolf het die varkie se huis in puin gelê
gryp Wolf hom aan sy keel
in ‘n poging om sy byl te steel.
Tot vandag toe weet niemand
hoe het Jan die wolf se hand
om sy keel losgekry,
maar almal was baie bly
toe Jan pure man omdraai
en skree: “Wolf - sê koebaai!”
Een swaai van die byl
was genoeg om Wolf op te keil.
Daardie aand het hulle fees gevier,
want Jan het Wolf na sy graf gestuur.
Friday, January 29, 2010
Tuesday, January 26, 2010
Aandgesprek met God
In stille gebed vanaand
het ek jou opgedra
aan my Pappa God
en vir Hom gevra
om jou retoerkaartjie
na droomland te borg
vir wondersoete rus.
Hy’t gesê Hy sal sorg
dat jy môre oggend
oudergewoonte terugkeer
vanuit droomland en my
herinner Hy is in beheer
van die betrokke vlug.
Hy’t gesê Hy ken jou
en vir my vertel dat Sy
engele oor jou sal waghou.
het ek jou opgedra
aan my Pappa God
en vir Hom gevra
om jou retoerkaartjie
na droomland te borg
vir wondersoete rus.
Hy’t gesê Hy sal sorg
dat jy môre oggend
oudergewoonte terugkeer
vanuit droomland en my
herinner Hy is in beheer
van die betrokke vlug.
Hy’t gesê Hy ken jou
en vir my vertel dat Sy
engele oor jou sal waghou.
Sunday, January 24, 2010
Harlekyn van my hart
Vandat ek jou ontmoet
het het jy jouself al hoe
stewiger vasgeheg aan
my hart se binnekamers
soos in so dat dit nou
prentjiemooi vertoon
oor die kleur wat jou
teenwoordigheid afgee.
My wens is dat ons in
simbiose sal saamleef
en die kleur immergroen
sal vertoon vir ewig,
want jy bring ongekende
vreugde in my lewe as
jy met jou verfkwas ‘n
glimlag op my gesig verf.
het het jy jouself al hoe
stewiger vasgeheg aan
my hart se binnekamers
soos in so dat dit nou
prentjiemooi vertoon
oor die kleur wat jou
teenwoordigheid afgee.
My wens is dat ons in
simbiose sal saamleef
en die kleur immergroen
sal vertoon vir ewig,
want jy bring ongekende
vreugde in my lewe as
jy met jou verfkwas ‘n
glimlag op my gesig verf.
Friday, January 22, 2010
Vriendelike vyandskap
Moenie mense
situasies toebid
waarin jy self
nie sal wil sit
want as die
wiel draai
dan is jy
in jou
maai
Thursday, January 21, 2010
Wednesday, January 20, 2010
Op jou verjaarsdag
Opgedra aan Dr. Suzanne Bester
Jy
wat vandag jou verjaarsdag herdenk
is vir baie die grootste geskenk.
Jy wat aan ander jou liefde uitstraal –
mag Hy Sy liefde aan jou openbaar
elke dag van die nuwe lewensjaar.
Jy wat weer betekenis aan lewens gee –
mag Hy jou in jou werke seën
en nog lank vir vriende en familie leen.
Jy wat troos aan ander bied –
mag Sy beskermengele saamtrek in ‘n laer
om jou teen die lewe se seerkry te bewaar.
Jy wat vrede bring in ander se gemoed –
mag Sy vredesduif op jou neerdaal
en onstuimigheid uit jou hart haal.
Jy wie ander met hul probleme opsaal –
mag Sy lig in jou lewe so helder skyn
dat jou eie sommer in die niet verdwyn.
Jy wat Suzanne is –
ek hoop jy geniet jou verjaarsdag
waarvoor jy 365 dae lank moes wag.
Jy
wat vandag jou verjaarsdag herdenk
is vir baie die grootste geskenk.
Jy wat aan ander jou liefde uitstraal –
mag Hy Sy liefde aan jou openbaar
elke dag van die nuwe lewensjaar.
Jy wat weer betekenis aan lewens gee –
mag Hy jou in jou werke seën
en nog lank vir vriende en familie leen.
Jy wat troos aan ander bied –
mag Sy beskermengele saamtrek in ‘n laer
om jou teen die lewe se seerkry te bewaar.
Jy wat vrede bring in ander se gemoed –
mag Sy vredesduif op jou neerdaal
en onstuimigheid uit jou hart haal.
Jy wie ander met hul probleme opsaal –
mag Sy lig in jou lewe so helder skyn
dat jou eie sommer in die niet verdwyn.
Jy wat Suzanne is –
ek hoop jy geniet jou verjaarsdag
waarvoor jy 365 dae lank moes wag.
Monday, January 18, 2010
Moeilik was nog nooit maklik nie
As alles so eenvoudig was
soos ander dit wil voorstel
sou niks nooit ‘n uitdaging
gewees het vir die mens nie
en sou ons als in die lewe as
vanselfsprekend ervaar het.
‘n Sukkelbestaan se waarde
lê daarin opgesluit dat jy tot
diepere insigte kom sodra
alles in plek begin val en dat
jy toenemend bewus word
van ander moontlike opsies.
soos ander dit wil voorstel
sou niks nooit ‘n uitdaging
gewees het vir die mens nie
en sou ons als in die lewe as
vanselfsprekend ervaar het.
‘n Sukkelbestaan se waarde
lê daarin opgesluit dat jy tot
diepere insigte kom sodra
alles in plek begin val en dat
jy toenemend bewus word
van ander moontlike opsies.
Subscribe to:
Posts (Atom)