"Ek het jou mos gewaarsku" is nie wat ek wil hoor
Vra eerder “Wat het jy daaruit geleer?”
Moenie sê “Ek kan jou nou al sê wat gaan gebeur”
Vra eerder “Wat het jy om te verloor?”
Moenie sê “Jy wil jou stempel op almal afdruk”
Vra eerder “Hoe lank terug het jy dit al gereël?”
Ek wil nie hoor “Jy het jou kanse verspeel”
Vra eerder “Het jy die vrugte van jou dade gepluk?”
Ek wil nie hoor “Jy kan daarvan vergeet”
Vra eerder “Wat gaan jy doen om dit te bereik?”
Moenie sê “Dis asof jy my ontwyk”
Vra eerder “Is daar iets wat ek moet weet?”
Moenie sê “Jy dink nie verder as jou neus”
Vra eerder “Het jy al daaraan gedink?”
Ek wil nie hoor “Jou houding stink”
Vra eerder “Wil jy nie maar net jouself wees?”
Ek wil nie hoor “Ek het jou mos belet”
Vra eerder “Is jy bewus jy gaan moeilikheid kry?”
Moenie sê “Jy moet dit vermy”
Vra eerder “Kon jy dit verhoed het?”
Wednesday, June 24, 2009
Thursday, June 18, 2009
Die prys van geleerdheid
Geleerdes skuur skouer teen mekaar,
voorspellings word openbaar.
Nuwe artikels en boeke sien die lig.
Is die formules darem waterdig?
Studente neem die kennis in.
Vir sommige maak dit nie sin.
Rekenskap word van hulle geëis.
Praktiese lesse maak hulle meer wys.
Aspirant dokters leer ‘n bepaalde snit.
Opkomende leraars leer hoe om te bid
Prokureurs leer om stories te verdraai.
Gaan leer by Judas – hy’t Jesus verraai!
Onderwysers leer om huiswerk uit te deel,
sielkundiges om gebroke harte te heel.
Joernaliste leer die kuns van sensasie.
Die keuse van fakulteit is joune gehasie.
Daar is talle studente wat hulle hierheen wend,
die opleiding van studente kry net nooit end.
Om geleerdheid te verwerf is waartoe hulle hulself verbind.
Sommige se teorieë word geweeg, maar te lig bevind.
Die wat deurdruk bereik die hoogste sport.
Dit is hulle wat doktore en professore word.
Wat sal tientalle kwalifikasies baat,
in ag genome die gegradueerdes wat SA verlaat?
Ons bly nou wel nie in ‘n misdaadvrye land,
maar die somber wolk het tog ‘n silwer rand.
Niemand kan jou van jou geleerdheid ontneem,
selfs al vernietig hulle die tersiêre inrigting se sisteem.

Lau, C. 2007. GRADUATION and INSPIRATION. Available at: http://www.icubed.us/files/graduation1.jpg. Accessed: 17 January 2010.
Sunday, December 31, 2006
Wednesday, November 1, 2006
Vol fiemies
Opgedra aan Vida Grobler
Jou koshuislewe is amper verby,
jy twyfel of jy ‘n pos in Pretoria gaan kry;
daarby dreig jy om iewers oorsee te gaan bly.
Jy hoor van mense wat gaan trou
en begin huil in jou mou.
Jy beter aan jou selfvertroue bou!
Met ‘n boer wil jy niks te doen hê,
langs ‘n miljoenêr wil jy lepellê
al het jy niks vir hom te sê.
Jy glo jy gaan oud word op die rak,
jou oë soek na die Aldoel se dak.
Vida, jy is sommer vol k@#!
Jy sit op die randjie van die koshuisgebou.
‘n Tweede opsie is om jou polse te kou.
Waarom nie eerder jou oë uitgrou?
Jy was die Prim met die meeste gees,
altyd besig met die uitvoer van jou nuwe idees.
Nooit weer sal daar iemand soos JY wees!

Thursday, August 31, 2006
Primaria 2007
Opgedra aan Crisna de Beer
Ons is trots op jou,
Ons is trots op jou,
jy het soveel talente vrou!
Vanaf die klas tot voor die Bib op die gras,
van die eetsaal tot by die eksamenlokaal,
nooit sien ons jou sonder ‘n glimlag op jou gesig.
Jy’s vir ons soos ‘n tweede ma, ons kan nie vir ‘n beter Prim vra.
Soos wat jy deur die lewe gaan doen jy niemand geen leed aan.
‘n Mens soos jy behoort geen vyande te hê.
Ons gebed vir jou is dat Liewe Jesus jou styf sal vashou.
Die lewe is nie altyd maanskyn en rose, maar ook vol van die bose.
Mag 2007 die beste jaar in jou lewe wees!
Ons is trots op jou,
jy het soveel talente vrou!
Saturday, July 1, 2006
Subscribe to:
Posts (Atom)