voorspellings word openbaar.
Nuwe artikels en boeke sien die lig.
Is die formules darem waterdig?
Studente neem die kennis in.
Vir sommige maak dit nie sin.
Rekenskap word van hulle geëis.
Praktiese lesse maak hulle meer wys.
Aspirant dokters leer ‘n bepaalde snit.
Opkomende leraars leer hoe om te bid
Prokureurs leer om stories te verdraai.
Gaan leer by Judas – hy’t Jesus verraai!
Onderwysers leer om huiswerk uit te deel,
sielkundiges om gebroke harte te heel.
Joernaliste leer die kuns van sensasie.
Die keuse van fakulteit is joune gehasie.
Daar is talle studente wat hulle hierheen wend,
die opleiding van studente kry net nooit end.
Om geleerdheid te verwerf is waartoe hulle hulself verbind.
Sommige se teorieë word geweeg, maar te lig bevind.
Die wat deurdruk bereik die hoogste sport.
Dit is hulle wat doktore en professore word.
Wat sal tientalle kwalifikasies baat,
in ag genome die gegradueerdes wat SA verlaat?
Ons bly nou wel nie in ‘n misdaadvrye land,
maar die somber wolk het tog ‘n silwer rand.
Niemand kan jou van jou geleerdheid ontneem,
selfs al vernietig hulle die tersiêre inrigting se sisteem.
Lau, C. 2007. GRADUATION and INSPIRATION. Available at: http://www.icubed.us/files/graduation1.jpg. Accessed: 17 January 2010.
No comments:
Post a Comment