Wednesday, June 24, 2009

Opbouende kritiek

"Ek het jou mos gewaarsku" is nie wat ek wil hoor
Vra eerder “Wat het jy daaruit geleer?”
Moenie sê “Ek kan jou nou al sê wat gaan gebeur”
Vra eerder “Wat het jy om te verloor?”

Moenie sê “Jy wil jou stempel op almal afdruk”
Vra eerder “Hoe lank terug het jy dit al gereël?”
Ek wil nie hoor “Jy het jou kanse verspeel”
Vra eerder “Het jy die vrugte van jou dade gepluk?”

Ek wil nie hoor “Jy kan daarvan vergeet”
Vra eerder “Wat gaan jy doen om dit te bereik?”
Moenie sê “Dis asof jy my ontwyk”
Vra eerder “Is daar iets wat ek moet weet?”

Moenie sê “Jy dink nie verder as jou neus”
Vra eerder “Het jy al daaraan gedink?”
Ek wil nie hoor “Jou houding stink”
Vra eerder “Wil jy nie maar net jouself wees?”

Ek wil nie hoor “Ek het jou mos belet”
Vra eerder “Is jy bewus jy gaan moeilikheid kry?”
Moenie sê “Jy moet dit vermy”
Vra eerder “Kon jy dit verhoed het?”













No comments:

Post a Comment