Thursday, September 16, 2010

Vier seisoene kind (Deel 2)

Noudat jy
die lyf
van ‘n vrou
begin kry

lyk jy
heerlik
en
begeerlik

soos ‘n
ryp vrug
in die
somer

en staan die manne gereed
om van jou skoonheid te eet.

Wednesday, September 15, 2010

Vier seisoene kind (Deel 1)

Dis lente
in my,
want my
baarmoeder
beleef opbloei
met elke
sentimeter
wat jy groei.

Jou ontstaan
het jy
te wyte
aan
Pa en Ma
se
sperm en ovum
vervaardig van liefde.

Tuesday, September 14, 2010

Liefdesverbond

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
Reënboog
Omsingel
Triomfeer

Daardie dag
met my val
en tranedal
was ek Noag
en jy ‘n engel
gestuur van Bo
om my weer in
liefde te laat glo.

Jy’t my oog
gevestig op
die reënboog
en gesê
dis jou belofte
aan my
dat ek nie weer
sal seerkry.

Om liefde weer
te laat triomfeer
in my lewe
het jy vir my
beskermengel
gesê jy wil hê
hy moet my
omsingel.

Monday, September 13, 2010

Lank lewe liefde

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
PARMANTIG
KASTY
SOET

Afgesien van die feit
dat jy die afgelope tyd
parmantig is met my
en my met woorde kasty

maak jou lippe
so soet
soos
lekkergoed

en jou
weerlose oë
dat ek weer
in liefde glo.








Sunday, September 12, 2010

Goed, beter, beste naweek ooit

Robelle, Voël, Kat en Liefie,
ek skryf hierdie briefie
om my dank uit te spreek
oor die onvergeetlike naweek
van die eerste Mei.
Dit was lekker verby.

Daar was
die ontbyt
op Wimpy
se voorstoep;

die besoek
aan Graskop vir
heerlik gevulde
pannekoek;

God’s Window
en
Wonder View
sal ek
vir hul
misterie onthou;

Bourke’s Potholes
waar die digter
lafenis kan kry
vir sy siel;

Mac-Mac
Watervalle
se mooi
natuurskoon.

Vanaf die eerste indrukke
tot die laaste vaarwel waar
die bussie ‘n mens optel
het jou gasvryheid
behoorlik gesprankel,
Robelle.

Saturday, September 11, 2010

Môre sal die son weer skyn

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
ERVAAR
MISTIGHEID
STILTE

As jy
mistigheid in
jou geloofslewe
ervaar

soos by
God’s Window
en jy wonder:
“Hoe nou?”

Gaan soek God
op in die stilte
van jou voorhuis

en vra Hom om
vir jou die pad
vorentoe te wys.

Friday, September 10, 2010

ekenjy@inniebed.org.za

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
BLUS
SENSUELE
BEWUS

As jy met jou
vingerpunte aan
my kurwes vat
word ek bewus

van ‘n sensuele
prikkeling wat
deur my lyf
hardloop; wanneer

ons liggaamsritme
een word en
jy jou semen
in my stort

blus jy die brandende
seksuele begeerte in my.