Robelle, Voël, Kat en Liefie,
ek skryf hierdie briefie
om my dank uit te spreek
oor die onvergeetlike naweek
van die eerste Mei.
Dit was lekker verby.
Daar was
die ontbyt
op Wimpy
se voorstoep;
die besoek
aan Graskop vir
heerlik gevulde
pannekoek;
God’s Window
en
Wonder View
sal ek
vir hul
sal ek
vir hul
misterie onthou;
Bourke’s Potholes
waar die digter
lafenis kan kry
vir sy siel;
Mac-Mac
Watervalle
se mooi
natuurskoon.
Vanaf die eerste indrukke
tot die laaste vaarwel waar
die bussie ‘n mens optel
het jou gasvryheid
behoorlik gesprankel,
Robelle.
No comments:
Post a Comment