Saturday, July 19, 2014

Uitkoms



Ek wens daar was ‘n manier hoe ek uit hierdie gemorsspul kon kom.  Die omstandighede wurg my.

Om elke oggend met ‘n “bang” met naarheid en hoofpyn wakker te word raak na ‘n tyd kommerwekkend.  Wat as ek een oggend net nie meer wakker word nie omdat een van die are in my kop besluit het om te pop?  Nog erger...wat as ek ‘n koolkop uitdraai?

Ek het nou al baie fights gefight in my lewe, maar hierdie een beat my.  Maak nie saak hoe hard ek probeer om myself positief te inspireer nie...dit hou nooit meer as ‘n halwe dag nie.

***

Hulle sê jou kar se voorruit is groter as die truspieëltjie omdat jou toekoms belangriker is as jou verlede.

Die alleenheid noop my om te wonder wat maak my so afstootlik vir mans?  As ek dan nou so afstootlik is dat ek nie ‘n man kan vang nie – hoekom het hulle my gekies om te verkrag?

Dis nie asof ek ‘n perdebylyfie het nie.  Nee, ek lyk soos ‘n renosteros met borste so groot soos Oupoot se stompe.  Hulle kon my seker nie miskyk vanweë die grootte van my postuur nie.  In elk geval, dis nie asof ek meer nagmerries daaroor kry nie.  Ek voel net wasted soos ‘n tampon.

***

Kyk, ek’s nou al so dik vir my eie vette...dis om van naar te word.  By my ooms moet ek gereeld hoor hoe die vette om my hart saampak en my tannies is behep met die regte eetplan.  Die kere wat ek op ‘n eetstaking is is dit nie goed nie.  What the fuck!

Dis nie asof ek my ooreet nie...ek’t nog altyd soos Bimbo gelyk.  Selfs die dokter is nou al behep met my gewig.  As ek kla van lae rugpyn na die ongeluk dan moet ek hoor ek sal ‘n plan moet maak met my gewig.  Ek kry die idee hulle is bang ek kraam ‘n gorilla en word so groot soos ‘n dinossaur in die proses, maar hulle hoef nie te worry nie.

Die enigste manier hoe ek kan swanger raak is by wyse van windbestuiwing.

***

Ek betrap myself telkemale dat Satan die oorhand kry van my gedagtes.  Dit kos deursettingsvermoë om nie my liggaam skaad aan te doen nie en guts om te erken ek’t ‘n probleem.

Op mense kan ek nie reken nie, maar op U kan ek vertrou.  Daarom vra ek U in Jesus Naam om my te genees van hierdie depressiwiteit wat my geluk hijack.

No comments:

Post a Comment