Bel my!, ons moet praat.
Ek kon nie in die donker peil trek op jou emosies nie en jy skuld my ‘n
verduideliking oor waarom jy my in die middel van die nag stoksielalleen langs
die snelweg gelos het.
Ek dink jy was sommer net pleinweg ongeskik, want jy het plegtig voor die
gaste beloof om mooi na my en ons baba te kyk toe jy die ring aan my vinger
moes steek en nou dit...
***
Die dominee se taal is so hol soos die gat van jou graf en so leeg soos my
lewe sonder jou.
My foon se battery kerm iets van battery low. Ek wil darem net vir jou sê dat jy altyd in
my gedagtes sal bly - lank nadat die hart-long masjien langs jou bed en my foon
opgehou het met beep-beep-beeeeeep.
Leeg
Taal
Steek
Skuld
Peil
Middel
Taal
Steek
Skuld
Peil
Middel
No comments:
Post a Comment