Vroeg vanoggend word ek wakker met die gedagte: As Ouma nog gelewe het sou haar huis vandag
soos ‘n blomtuin gelyk het.
Ek val toe op my knieë neer en vat die highway hemel toe.
Nog voor ek my kon kry antwoord ‘n engel.
Ek loop die engel stromp-op en sê sommer dadelik ek wil met my ouma
praat. Die engel verduidelik toe mooi
dat daar baie oumas daar Bo is. Ek sê
toe: “Ja okay...maar ek wil met my ouma,
Bettie Smith, praat.”
Die engel sê toe vir my dat hulle in konsultasie is. Heeltemal oorbluf sê ek toe: “Huh!?
Nou maar wanneer kom hulle daaruit?”
Die engel verduidelik toe vir my dat hulle nooit moeg geluister raak na
Sy Woord nie.
Ek skud toe maar net my kop en sug hardop in die engel se oor en sê: “Nou gaan ek seker nie vandag by Ouma kan
hoor hoe lyk dit daar nie!” Met dié hoor
ek hoe iemand anders die gehoorstuk opneem en sê: “Hier Bo by My is daar nie bossies blomme
vandag nie, maar net die mooiste, keurigste, uitgesoekte plate.”
Ek glimlag en hys myself teen die bed op met die wete: Soos wat ek vir Ouma ken het sy al lankal die
snoeiskêr ingelê...