Wednesday, August 31, 2011

Monday, August 29, 2011

Al ooit gewonder oor jou identiteit?


In
Daardie 

Boek sien
Ons ‘n
Engel wat nes jy lyk elke
Keer as ons dit oopmaak

A moment saam met Buksie


 in die bed is
 net priceless

en ek sal dit beslis
vir niks ter wêreld
wil verruil nie...

daardie nabyheid
ten spyte van die feit
dat ons wêrelde
hemelbreed verskil

is so verdomp special.


Sunday, August 28, 2011

Toe Christus vir Carol gemaak het

Ter nagedagtenis aan wyle Dr. Carol Noela Van der Westhuizen

Christus het
Aan
Redes sit en dink ter verbetering tot ‘n engel sy
Opwagting maak en sê:
Los haar nes sy is, want sy lyk

Nes een van
Ons
En ons gaan haar nie vir
Lank uitleen
Aan haar geliefdes nie

NS:  You were born to die

Daar is engele om ons (Deel 5)

 In gesprek met die Dekaan – Professor Irma Eloff


Saturday, August 27, 2011

By die heengaan van Lisone


Liewe Jesus,

hier op aarde
is ‘n ouerpaar
wie so graag ‘n
dogtertjie wou hê.

Die dag toe
die dokter sê
hulle wens
is vervul
was almal saam
met hulle bly,

maar omdat hierdie

Een doodeenvoudig
Net way too special was om
Gedeel te word met haar
Engel van ‘n ouerpaar het U haar
Liewer teruggevat.

Met die dat U vir
Lisone verwyder
het uit Prof. Ronél-
hulle se lewens uit
beteken dit nie haar
ma en pa se liefde
vir haar het
opgehou groei nie.

Nee, al die seer het
hul liefde vir haar
versterk en hoe vergeet
mens sommer net

van ‘n wonderwerk?

Al kan medici
fisiese pyn wegvat
is dit net U wat
harte kan aanraak.

Sal U asb. hulle
hande vashou
in hierdie
moeilike tyd en
hulle toevou
met U liefde,

want soos
U self weet
lê ‘n ma se
liefde vir ‘n mens
nie in haar pens
nie, maar in haar hart,

so daar gaan nog
baie dae wees
wat hulle na haar
gaan verlang.

Voorsien vir
Theo en Ronél
van krag om vir
mekaar soos krukke
te kan wees wanneer
hulle met U

bystand probeer
om The loss of Lisone
te verwerk.

En sou daar trane vloei
omdat hulle haar mis
wat menslik is –

laat dit uit dankbaarheid
wees vir die kort tyd
wat U haar aan
hulle geleen het.

Bring vir hulle berusting
in die feit dat die kleinding
beter af by U is al vind ons
dit moeilik om te verstaan
waarom haar ma al die
trauma moes deurgaan
en hoekom hulle nie maar
vir U na Lisone kon kyk nie.

Help hulle ook met
die verduideliking
aan die seuntjies
oor waarom Mamma
nie vir sussie
huis toe bring
na al die besoeke
aan die hospitaal nie.

En vertel vir Lisone
wat nou veilig daar by
U is van haar
Ma Ronél en Pa Theo

en watse engel
van ‘n ouerpaar
hulle nie darem
maar is nie

en van die hope liefde
wat hulle met haar sou deel
en van haar twee boeties
wat bly was hulle gaan
‘n sussie kry en so graag
met haar wou speel

en ook van die
res van die familie

en al die ander mense
wat bly was om te hoor
haar mamma-hulle
se gebede is verhoor

en van die hartseer toe
haar mamma haar verloor
sodat sy weet hoe spesiaal sy is.

En daar waar sy nou
by U is – kyk asb. na
haar soos Prof. Ronél sou

en oorlaai haar met
liefde soos net
Theo-hulle kan.

In Jesus Naam
vra ek dit
wat ek nou
hier bid

en ek weet

U sal nie
vergeet
om te doen
wat ek vra nie.

AMEN

Daar is engele om ons (Deel 4)

In gesprek met die Dekaan - Professor Irma Eloff

Friday, August 26, 2011

The loss of Lisone


Little angel 
In heaven who 
Safely returned Home
On Thursday
Night without
Even knowing that she is a miracle