Tuesday, July 19, 2011

Onnatuurlike elemente


Ek breek nie by
julle huise in en voer
jul troeteldiere
Two Step nie.

Ek attack
julle nie op
straat vir
‘n selfoon nie
en ek hijack
nie jul karre nie.

Ek bribe nie beamptes
om ‘n lisensie te kry
nie en ek smash-and-grab
nie julle belongings
as jul verby my ry
by die robot nie.

Ek skiet julle nie dood nie
omdat ek weet ek gaan
met my gat in die tronk sit
selfs al wou ek myself verdedig.

Ek vernietig nie julle
hele fokken menswees
met ‘n piel van vigs nie.

Ek onteien nie ander
van grond waarvoor hulle
hul vingers stompies
moes werk ten einde
die maandelikse
paaiemente te vereffen nie.

Julle trek die strop nouer om my nek
sodat jul in classy karre kan rondrits.

Jy deurboor my longe
met jou belaglike eise
wat jy woord vir woord
uitspoeg en verlam my vrese.

Fok weet,
ek wil skree,
maar ek kan nie...

Here, help hierdie land!

No comments:

Post a Comment