Birthday Girl,
vandag fly
jy high
saam met
die engele
terwyl ons
sleepvoet skoffel
op moederaarde.
Ek hoop hulle het
darem vir jou ‘n
birthday bash gereël
met iets
nats vir die keel
vir in case jy
dors word,
maar ek verbeel
my die Operateur
het gesê julle
word nooit dors nie,
want daar’s
Lewende Water
in oorvloed.
Die Operateur?
Jy weet mos...
dis die Een in beheer.
Jy het nie jou nommer
divert hemel toe nie
toe slat ek die
highway na die hemel.
Jy weet mos...
op my knieë.
En ek vra vir Hom
om vir jou ‘n
stywe druk
van my af te gee.
Asseblief tog...
moet net nie tjank nie,
want ek’s hie
en jy daar bo,
so ek sal jou
nie kan troos nie.
Maar anyway, ek
sal maar vanaand
‘n toast op jou
– Jesus se ster –
drink as ek jou sien
blink in die hemelruim.
Ek het mos nou nie
Lewende Water
om my dors te les nie.
En dan gaan ek natuurlik
vir my ‘n groot stuk
koek sny
coz why
jy was
darem maar
God damn special
in my lewe,
so ek gaan nie eers
skuldig voel as die
skaal onder my kreun
omdat die kilo’s klim nie.
So Cheers to You!!
No comments:
Post a Comment