Tuesday, July 26, 2011

Smartie-wense vir jou


As ek vir jou ‘n Smartie gee dan is dit

Spesiaal vir jou
Met die wete dat jy
Absoluut oulik verby is en
Regtig baie beteken vir
Tonne ander
In die wêreld
En vir my

Ns. Dis spesiaal vir jou geskryf omdat jy so baie van Smarties hou, Tannie Adrie

Friday, July 22, 2011

When duty calls


Vra my om ‘n
ding te doen
en jy’s
verseker van my
volle samewerking,
maar moenie my minag
en dieselfde eindresultate
verwag nie.

You mean magic like Madiba


YOU
mean MAGIC
to the
Department,

so that’s why
I wanna say
HAPPY BIRTHDAY
Prof. Ronél!

Tuesday, July 19, 2011

Onnatuurlike elemente


Ek breek nie by
julle huise in en voer
jul troeteldiere
Two Step nie.

Ek attack
julle nie op
straat vir
‘n selfoon nie
en ek hijack
nie jul karre nie.

Ek bribe nie beamptes
om ‘n lisensie te kry
nie en ek smash-and-grab
nie julle belongings
as jul verby my ry
by die robot nie.

Ek skiet julle nie dood nie
omdat ek weet ek gaan
met my gat in die tronk sit
selfs al wou ek myself verdedig.

Ek vernietig nie julle
hele fokken menswees
met ‘n piel van vigs nie.

Ek onteien nie ander
van grond waarvoor hulle
hul vingers stompies
moes werk ten einde
die maandelikse
paaiemente te vereffen nie.

Julle trek die strop nouer om my nek
sodat jul in classy karre kan rondrits.

Jy deurboor my longe
met jou belaglike eise
wat jy woord vir woord
uitspoeg en verlam my vrese.

Fok weet,
ek wil skree,
maar ek kan nie...

Here, help hierdie land!

Wednesday, July 13, 2011

‘n Toast op Robelle


Birthday Girl,
vandag fly
jy high
saam met
die engele
terwyl ons
sleepvoet skoffel
op moederaarde. 

Ek hoop hulle het
darem vir jou ‘n
birthday bash gereël

met iets
nats vir die keel
vir in case jy
dors word,

maar ek verbeel
my die Operateur
het gesê julle
word nooit dors nie,

want daar’s
Lewende Water
in oorvloed.

Die Operateur?

Jy weet mos...
dis die Een in beheer.
Jy het nie jou nommer
divert hemel toe nie
toe slat ek die
highway na die hemel.
Jy weet mos...
op my knieë.

En ek vra vir Hom
om vir jou ‘n
stywe druk
van my af te gee.

Asseblief tog...
moet net nie tjank nie,
want ek’s hie
en jy daar bo,
so ek sal jou
nie kan troos nie.

Maar anyway, ek
sal maar vanaand
‘n toast op jou
– Jesus se ster –
drink as ek jou sien
blink in die hemelruim. 

Ek het mos nou nie
Lewende Water
om my dors te les nie.

En dan gaan ek natuurlik
vir my ‘n groot stuk
koek sny

coz why

jy was
darem maar
God damn special
in my lewe,

so ek gaan nie eers
skuldig voel as die
skaal onder my kreun
omdat die kilo’s klim nie.

So Cheers to You!!

Tuesday, July 12, 2011

My Omo-bright future


My naam
is nou wel nie
Lucky
nie,

maar

ek weet
ek is
Precious

coz why

vir solank as
wat niemand
my drome
kan hijack nie
is ek meer as
Happy

en sal ek nie
Hope
verloor nie.

Friday, July 8, 2011

To kiss my dreams goodbye

Al het ek dan nou nie
hierdie rondte
gold gestrike
nie maak dit nou nie
meer ‘n moer
saak nie,

want

somehow
somewhere
someone

will realise
what I’m
worth.

En
just in case
jy dit nie
geweet het nie...

I still
love
you

Daddy.

Wednesday, July 6, 2011