Saturday, November 27, 2010

Ha Ha

Skoppensboer,
jou moer,
ek wag vir jou
om my te poke
en te sê die dood
is net ‘n joke.

NS: Dankie vir die inspirasie, Rudi

‘n Vrye vers daar Bo iewers

Die digwêreld
het ‘n metafoor
in ‘n oogwink
verloor die
oomblik toe die
enjambement
haar na die
hemel wend.

Nou’s jy ‘n
rympatroon
wat in die
hemel woon.

NS: Dis jy, Robelle

Robelle

Robelle, jy's nie meer hier
Op aarde
By ons nie, maar
Een ding is verseker:
Lesers sal jou naam nog
Lank laat
Eggo



Dood

Damn, jy kom
Op die mees
Ongeleë
Donnerse tyd!



Friday, November 26, 2010

Margaret

Margaret, ons wat
Agterbly
Rou, maar
God, die
Almagtige, het nou
Rede om te lag, want Hy’t ‘n
Engel
Teruggekry vandag

Vriendin

Vat die
Raad wat ek vir jou gee
In hierdie moeilike tyd
En maak daarmee
Net wat jy wil, solank jy
Dit net nie
In die grond vertrap
Nie!

Wednesday, November 24, 2010

Horende doof en siende blind

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
4 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 4 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
KASKAR
WIELE
PILLE
BRILLE

Die diere in die bos
het in groot getalle
opgetrek na die Kaskardag.
Hulle kon nie meer wag
om te kyk hoe elke
deelnemer se KASKAR lyk.

Jakkals met sy slinkshede
was vas oortuig
die ander deelnemers sou
teen hom die knie buig.

Groot was die verbasing toe
Oupa Uil daar opdaag,
maar niemand het gewaag
om hom te vra of hy nie behoort
te rus nie. Hy is immers een
wat nooit sy middagslapie mis nie.

Eers toe Koning Leeu aankondig
die deelnemers moet hulle plekke
inneem het Jakkals dit gewaag
om ‘n vraag aan Oupa Uil te rig
wat in die baan langs syne
stelling ingeneem het.

Jakkals het gevra: “Oupa Uil,
hoort jy dan nie in die bed?”
Oupa Uil het net sy kop geskud
en homself reggemaak vir die rit.

Toe die skoot klap het
die deelnemers laat waai.
Om die eerste draai
het Wolf se WIELE moeilikheid
gegee en dit bring toe mee
dat Ystervark hom verbysteek.

Soos altyd het Skilpad
die agterhoede gedek
terwyl die ander al amper
by die wenpaal trek.

Bosbok het teen die
kant reëling vasgery
en Likkewaan kon nie
weer sy KASKAR
aan die gang kry toe
dit eers gaan staan het nie.

Jakkals was toe die een
wat die knie moes buig
toe Oupa Uil met ‘n gejuig
eerste oor die wenstreep is.
Almal was verbaas, selfs die
seremoniemeester, Meneer Haas.

Dis toe dat Oupa Uil sê:
“Vir die van julle wat wonder
waarom ek nie vandag in die
kooi lê nie...ek het gister
na Dokter Bobbejaan
se spreekkamer gegaan
omdat ek vir jare sukkel
om saans te slaap.

In plaas daarvan dat hy
vir my PILLE gee wat jou
help om te slaap skryf
hy toe ‘n stropie voor.
Ek wou nog by hom hoor
wat op die botteltjie staan
omdat ek sukkel om te lees,
maar is toe vort na Blouwildebees.

Teen die aand se kant toe
ek by die rivier gaan was
besluit ek om vir Krokkodil
te vra wat op die botteltjie staan,
maar ek het vergeet ek het nie
my gehoorapparaatjie aan nie.
Eers vanoggend toe ek ‘n draai
maak by die apteek om te hoor
wat kos hulle wye verskeidenheid
van BRILLE verneem ek dat dit
Bioplus was wat Dokter Bobbejaan
vir my gaan staan en voorskryf het.”

Boodskap: Soms moet ons onsself horende doof en siende blind hou om die beste prestasies te vermag.









Tuesday, November 23, 2010

Happy Feet

English version

If I say my feet don't
touch the ground today,
then it actually means I'm
on cloud number nine.

Happy Feet

Afrikaanse weergawe

As ek sê my voete
vat nie vandag
grond nie dan
bedoel ek eintlik
ek is in die
sewende hemel.




Kersvader se storie

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
4 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 4 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
SAGTE
ROOI
VERLEI
WOORDE

Kersvader se oorpak
is nou wel ROOI
en sy SAGTE, wit baard
lyk tog al te mooi,
maar nie eers dié
prentjiemooi verhaal
sal maak dat Kersmoeder
hom vergewe nie.

Kersmoeder voer aan
sy WOORDE aan haar
jare gelede was soos
musiek in haar ore, maar
dat daar absoluut niks
van gekom het nie.

Kersvader het haar glo
destyds met allerhande
praatjies VERLEI soos dat
sy baie presente sal kry
as sy met hom trou,
maar nou bederf hy haar
slegs een maal per jaar
wanneer Jesus verjaar.







Wednesday, November 17, 2010

Mamma

My mamma is
Absoluut die beste
Ma wat ‘n
Mens kan kry op
Aarde



Monday, November 15, 2010

Eksamentyd

As kampus stil raak
kan jy maar weet
die studente is besig
om reg te maak
vir die eksamen
wat eersdaags begin.

So sal ek JOU onthou

Jy's
Oulik en
Uniek





Sunday, November 14, 2010

Saturday, November 13, 2010

Visserman van formaat

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
4 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 4 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
BEDERF
SAND
ROTS
ERKEN

Hier waar ek
langs jou
op die strand
sit en speel
met die SAND
wat ons
tussen ons
tone kielie
sien ek
‘n visserman
wat op die ROTS
staan en hengel
en ek dink aan jou,
my engel.

Ek moet ERKEN,
nes hy moes jy
ook maar lank
gewag het voordat
jy iets gehad het
in jou vangnet.

Maar ek was nie
enige vangs nie –
ek was spesiaal,
want jy het my
BEDERF met oesters
en sjampanje
toe ek sinker en al
vir jou val.




Wednesday, November 10, 2010

Verjaarsdagwense vir Adrie

Aan 'n
Dierbare vrou – mag God jou
Ryklik seën
In die nuwe lewensjaar
En nog lank spaar

Tuesday, November 9, 2010

Kakofonie van klanke

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
SPEEL
SIMFONIE
SERENADE

Voor die krieke se
simfonie-orkes
Siembamba se
inleiding begin speel
en Klaasvakie vir
jou kom serenade
wil ek sê: Jy moet
‘n lekker nagrus hê!




Monday, November 8, 2010

Pensioners talk like this

65% of the time
others like what
your knowledge
can do
and the rest
of the time
they appreciate
the inner you


Pensioenarisse praat so

65% van die tyd
word jy waardeer
vir jou kennis
en die res
van die tyd
vir die
soort mens
wat jy is


Gee my ‘n kabinet vol vriende – los maar die drank!

Vriende is soos goeie wyn -
hoe ouer hulle word,
hoe meer gesofistikeerd
hul idee omtrent 'n
verjaarsdagpersent vir jou.

Saturday, November 6, 2010

Rus In Vrede

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
TOTSIENS
SEER
MAAT

Maat, my
hart is seer
omdat ons
Liewe Heer
jou so skielik
kom haal het,
maar ek weet
dat gebed
genesing
sal bring.

Dis tyd om
te groet,
so ek sê
totsiens,
tot ons weer
in die Huis
van ons Heer
ontmoet.




Friday, November 5, 2010

Die bruilofsfees


Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
DANS
VERLEIDELIK
SPORTS

Die sports het begin
toe dit tyd word
om te dans en die
bruidegom se
skoonsuster ewe
verleidelik begin
met haar
sensuele passies.

Hy het natuurlik te
veel drankies ingehad
en toe haar gelaat
met sy vrou s’n verwar.

Eers die volgende oggend
nog half deur die mis
kom hy agter dat dit
verkeerde tweeling is
wat langs hom lê
toe sy vrou bel en vra:
“Waar draai jy heelnag?
Ek lê vir jou en wag.”


Thursday, November 4, 2010

Klein Jannie kan nie

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
STOUT
VAT
LAG

Die pas getroude
paartjie het besluit
die huweliksnag is
die regte geleentheid
om mekaar
intiem te bestudeer
en so het dit
toe ook gebeur.

Eers raak hy stout
en vat aan haar boud.
Dan vroetel sy
met haar koek
tot hy laat waai
met sy broek.

Dis toe dat sy
hardop begin lag
in die middel
van die nag,
want voor op
sy onderbroek
staan Self Raising,
maar daar’s g’n knop.







Nature’s secret

If only trees
could whisper
we would
have known
much more
than we do
right now.

Wednesday, November 3, 2010

Die grotes se geheim

Die reuse van die
Jakarandastad
weet van meer
gevallestudies

omtrent lentebabas
wat die lig gesien
het as die professor
voor in die lesingsaal,

maar hulle praat
nie uit oor die
meisies wat kampus

se hek binne is
op die Pil en
uit is met ‘n prêm nie.



Jy’s gemaak met ‘n doel

Binne-in Jesus
se gereedskapkas
is daar ‘n plekkie
waarin jy pas,
want Hy gebruik
jou in Sy taak
om van die wêreld
‘n beter plek te maak.

Hy’s so hot


Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
OMHELSING
WATER
STOOM

die tye wat
ek in sy
omhelsing
in die bad
deurbring
stoom die
water om
ons behoorlik

Tuesday, November 2, 2010

Slang

Verjaarsdagwense vir Jolanda

Jy moet 'n
Ongelooflike
Lekker dag hê en mag die
Allerhoogste jou
Nog lank spaar vir
Die geliefdes in jou lewe
As dit Sy wil is

Vier seisoene kind (Deel 4)

Jy't winter betree
as jou borste
wat op ‘n tyd
gedrup het
van heuning
nie meer
versadigheid
bring omdat
dit hang
en jou
skaamdeel
hom begin verveel.
***

Op haar beurt
sal sy jou
eenkant toe skuif
wanneer jou penis
nie meer verstyf
en sy nie meer
genot kan put
uit ‘n Rough Rider rit.



Monday, November 1, 2010

Jy’s gehook

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak

van die gedig was:
ONTKETEN
MIS
RUSTIGHEID

Ek mis die
rustigheid
wat die
aanraking

van jou
sagte vingerpunte
in my ontketen
op dae soos vandag

wanneer
stormsterk winde
my hart laat
ronddobber,

maar jy’s nou
Jesus se vangs.