Friday, April 8, 2016

Mis jou Pa

As ek met

tere
herinneringe

‘n paadjie
kon bou
dan sou

dit reguit
gelei het
hemel toe.

Monday, March 28, 2016

Lekker verjaar Pa!



Liewe Jesus,

gee vir Pa
‘n stywe druk
en sê geluk
met sy verjaarsdag;

oorlaai hom met
hope liefde

en sê dis
hoe baie
ons hom mis.

28/03/2016


Wednesday, January 6, 2016

Hennie


Het ek maar geweet gister was ons laaste kuier sou

Ek langer langs die hospitaalbed wou staan en

Net na Pa staar al kon Pa die laaste tyd

Nie meer met ons praat nie.  Rus

In vrede Pa met die wete ons sien mekaar

Eendag weer in die hiernamaals.

 

Hendrik Christoffel Johannes Botha

1953-03-28 – 2016-01-03

Sunday, January 3, 2016

Rus in vrede Pa


Pa, jou heengaan

speel soos ‘n stilfilm

voor my verby.

 

Ek kry terugflitse

van gelukkiger tye saam

met die wete

jy is

nou by

Liewe Jesus

 

en knipoog

vir ons

saam die sterre.

 

Hendrik Christoffel Johannes Botha

1953-03-28 – 2016-01-03

Friday, December 25, 2015

Kerspakkie


Ek kon nie ‘n

kerskous kry

om die goed

in te sit;

 

toe vat ek

maar ‘n hoed,

maar dis te klein.

 

Die chocolates

is vir sweetness,

 

die koekies

is vir

Kersvader

 

en die

klapper

vir

snaaksigheid.

 

Sit nou maar die

Kersvader in die sneeuwater

op jou lessenaar neer

om te keer

dat die papiere wegwaai

die kere wat die lugreëling aan is.

Thursday, December 24, 2015

Happy Christmas


Hier op die
vooraand van Kersfees
wens ek als wat
die afgelope tyd gebeur het
was maar net ‘n droom,
maar dit is nie.
 
Happy Christmas Dad!
 
Dit is sad
om te weet
 
jy kom dalk
nooit weer
huistoe nie.

Wednesday, December 23, 2015

Geroep om hulp


Here, raak ons pa aan

met U hande van genesing –

 

sy spraak,

sy slukfunksie,

die werking van sy longe,

sy spierbewegings –

 

elke deel wat geaffekteer word

deur sy bipolêre gemoedstoestand.

 

Ons het hom nodig in ons lewens,

maar dis nie lekker om hom so te sien nie.

 

Wat ookal U wil is…

ons sal ons daarby berus.

 

Amen