Wednesday, January 6, 2016

Hennie


Het ek maar geweet gister was ons laaste kuier sou

Ek langer langs die hospitaalbed wou staan en

Net na Pa staar al kon Pa die laaste tyd

Nie meer met ons praat nie.  Rus

In vrede Pa met die wete ons sien mekaar

Eendag weer in die hiernamaals.

 

Hendrik Christoffel Johannes Botha

1953-03-28 – 2016-01-03

Sunday, January 3, 2016

Rus in vrede Pa


Pa, jou heengaan

speel soos ‘n stilfilm

voor my verby.

 

Ek kry terugflitse

van gelukkiger tye saam

met die wete

jy is

nou by

Liewe Jesus

 

en knipoog

vir ons

saam die sterre.

 

Hendrik Christoffel Johannes Botha

1953-03-28 – 2016-01-03

Friday, December 25, 2015

Kerspakkie


Ek kon nie ‘n

kerskous kry

om die goed

in te sit;

 

toe vat ek

maar ‘n hoed,

maar dis te klein.

 

Die chocolates

is vir sweetness,

 

die koekies

is vir

Kersvader

 

en die

klapper

vir

snaaksigheid.

 

Sit nou maar die

Kersvader in die sneeuwater

op jou lessenaar neer

om te keer

dat die papiere wegwaai

die kere wat die lugreëling aan is.

Thursday, December 24, 2015

Happy Christmas


Hier op die
vooraand van Kersfees
wens ek als wat
die afgelope tyd gebeur het
was maar net ‘n droom,
maar dit is nie.
 
Happy Christmas Dad!
 
Dit is sad
om te weet
 
jy kom dalk
nooit weer
huistoe nie.

Wednesday, December 23, 2015

Geroep om hulp


Here, raak ons pa aan

met U hande van genesing –

 

sy spraak,

sy slukfunksie,

die werking van sy longe,

sy spierbewegings –

 

elke deel wat geaffekteer word

deur sy bipolêre gemoedstoestand.

 

Ons het hom nodig in ons lewens,

maar dis nie lekker om hom so te sien nie.

 

Wat ookal U wil is…

ons sal ons daarby berus.

 

Amen

Friday, January 16, 2015

Baby Joubert




19-05-1928 – 11-01-2015

Baby Joubert, you left us
All speechless with your sudden departure at the
Beginning of 2015 - may
Your soul rest in peace!

Wednesday, December 31, 2014

Wense vir die nuwe jaar



Mag geluk
kom tapdans
op jou voorstoep
na elke boks snesies,

voorspoed jou
met ‘n vuishou
tref wanneer jy
dit die minste verwag,

vrede waak hou
oor jou hart
met die wete
dat jy nie
als kan kry
wat jy wil hê,

seën mildelik
op jou neerreën,

liefde 
jou aankleef
soos ‘n
aansteeklike siekte

en jy gedurigdeur
bewus wees van
Sy genade in jou lewe

elke tree wat jy gee
in die jaar wat voorlê.