Saturday, September 29, 2012

Malva-lekker-dag vir jou


Mag God
se rooskleurige liefde
en vriende se sonneblom-lag
jou omvaring vandag!

Wednesday, September 26, 2012

Voertsek!


Stadig, sluimerend,
ontwaak hy
soos ‘n sigaretkooltjie
in die nag.

Al dieper trek hy jou in,
stukkie vir stukkie,
totdat jy niks anders as
magtelose tjankgeluidjies uitblaas nie.

Hy rook jou tot op die punt
waar jy fokol voel nie
en vertrap jou
in die grond in met sy pote.

Hy lek jou met
‘n sleeptong vol
kwyldrade van kots,

hy byt jou aan die hakskeen.

Daar’s net 1
van sy
soort...

DEPRESSIE

Wednesday, August 29, 2012

You’re a Superstar


Jy rock so…
die dromme
sukkel selfs om beat te hou!

Mag jy rustigheid ervaar


Al lyk die lewe donker,
al voel die aande allenig,
al proe jy die smart van mislukking,
al val jou versoeke op dowe ore,
al stink ander se houdings...
hou moed!

Die son sal weer oor jou skyn,
die maan sal jou weer nag soen,
die sterre sal weer vir jou knipoog,
storms sal oorwaai
en strome seën sal weer op jou neerreën,
want Hy hou jou in die holte van Sy hand.

AMEN