Daar is
een plek
op aarde
waarheen
ons niemand
saamvat nie
en dit is
graf toe.
Here, hier waar ek voor
die skottelgoedbak staan
weet U presies wat in
my gemoed aangaan.
My gebed vir
vandag is dat U
warm water van vrede
deur my gemoed sal
laat vloei sodat die
vetterigheid van
skuldgevoelens
uit kan dreineer.
Gee dat die potskuurdae
nie my siel sal verniel
nie en elke tjip wat ek
opdoen deur die week
nie my menswees in
stukkies sal laat breek nie.
En as my oë dan
soos ‘n kraantjie drup
uit dankbaarheid teenoor
U dat ek heel bly ongeag
die seer van die lewe –
kom droog my af
met U vadoek van
ewigdurende liefde.
Ek gaan 'n
skildenaar versoek om jou gelaatstrekke te verewig op ‘n doek sodat ek jou elke dag kan sien.
Vir ‘n platebaas wil ek opdrag gee om jou op te neem en ‘n CD te sny sodat ek my kan verbeel jy’s by my as ek dit speel. Die deodorant wat jy aanspuit sal ek maar altyd byderhand hou as troos vir jou teenwoordigheid.
Voordat jy voortaan vir lang tye weggaan moet jy asb. van my gunsteling disse voorberei? Ek sal wel ‘n plekkie in die yskas kry daarvoor en dit dan vir my warm maak as ek honger raak.
Verder sal ek vasklou aan herinneringe oor jou.
Goeiedag!, u
is by die
kantore van die
Oorgangsraad.
Druk een
as u vir
die DA
wil vra
om u vullis
te verwyder.
Druk twee
as u van
die VF-Plus
wil verneem
waarom sit
ons met ‘n
waterprobleem
van gister af.
Druk drie
vir die
party aan
bewind
indien u
enige ander
probleme
ondervind.
Vanoggend toe ek
Kurt Darren en
Nicholis Louw se
“Mamma” hoor speel
het ek in my hart
dankie gesê vir wie ek is.
Vanmiddag toe ek
Vra Dr. Adri lees
het ek gewens
jy kon nog ‘n rukkie
langer my Sarie-vriendin
wees, maar toe ek in
my wêreld se koerant Beeld(e)
van moord en roof sien
het ek my berus by die feit
dat jou Sanlam-toekoms
by Jesus veiliger is.
Vanaand toe hulle die
Rand/Dollar prys
op die TV-skerm wys
het ek besef van watter
onskatbare waarde
Ma eintlik was.
Liewe Jesus, as Ouma
daar bo by Oupa kom –
onthou haar om vir hom
te vertel van die
kleinkind wat hy
nooit geken het nie...
die een vir wie
sy haar poedel
geleen het, maar
wat nooit weer
die hondjie terug-
gegee het nie,
die een wat in haar
Graad RR-jaar
eerder by haar
Ouma gebly het
as om skool
toe te gaan,
haar Lady Jane
saam met wie sy
moes pop speel
en MacGyver en
Arende kyk as sy by
ons kom oornag het,
en sê vir haar
ek kan nie wag
tot daardie dag
wat ons twee
weer ontmoet
nie, want sy het
vergeet om te groet
voor sy weg is,
en sê vir haar
ek mis die geldjie
as ek verjaar
en die roompie
en die sepies
wat sy die ander
Kersfees gegee
het is klaar,
en kyk mooi na haar,
want sy’s lief en dierbaar.
Tolla was daarvoor bekend
om ander te vermaak,
so hy sit seker nou
en steek die draak
met Bles wat nie
nou meer na die
sterre reik nie,
maar tussen hulle bly
met Cora Marie
omdat sy nou Jesus
se mooiste roos is
met Johannes Kerkorrel
omdat die vent
‘n musiekinstrument
vir ‘n van het
met Koos Doep en Gé
omdat hulle en hy
nou God se
Liefling-Kinders van die wind is