Ek gaan 'n
skildenaar versoek
om jou gelaatstrekke
te verewig op ‘n doek
sodat ek jou
elke dag kan sien.
Vir ‘n platebaas wil
ek opdrag gee
om jou op te neem
en ‘n CD
te sny sodat ek my
kan verbeel
jy’s by my as
ek dit speel.
Die deodorant
wat jy aanspuit
sal ek maar altyd
byderhand hou
as troos vir jou
teenwoordigheid.
Voordat jy voortaan
vir lang tye weggaan
moet jy asb. van my
gunsteling disse voorberei?
Ek sal wel ‘n plekkie in die
yskas kry daarvoor en dit
dan vir my warm maak
as ek honger raak.
Verder sal ek vasklou
aan herinneringe oor jou.
No comments:
Post a Comment