Stelliepel se Skryfwerk
Monday, March 28, 2016
Lekker verjaar Pa!
Liewe Jesus,
gee vir Pa
‘n stywe druk
en sê geluk
met sy verjaarsdag;
oorlaai hom met
hope liefde
en sê dis
hoe baie
ons hom mis.
28/03/2016
Wednesday, January 6, 2016
Hennie
H
et ek maar geweet gister was ons laaste kuier sou
E
k langer langs die hospitaalbed wou staan en
N
et na Pa staar al kon Pa die laaste tyd
N
ie meer met ons praat nie.
Rus
I
n vrede Pa met die wete ons sien mekaar
E
endag weer in die hiernamaals.
Hendrik Christoffel Johannes Botha
1953-03-28 – 2016-01-03
Sunday, January 3, 2016
Rus in vrede Pa
Pa, jou heengaan
speel soos ‘n stilfilm
voor my verby.
Ek kry terugflitse
van gelukkiger tye saam
met die wete
jy is
nou by
Liewe Jesus
en knipoog
vir ons
saam die sterre.
Hendrik Christoffel Johannes Botha
1953-03-28 – 2016-01-03
Friday, December 25, 2015
Kerspakkie
Ek kon nie ‘n
kerskous kry
om die goed
in te sit;
toe vat ek
maar ‘n hoed,
maar dis te klein.
Die chocolates
is vir sweetness,
die koekies
is vir
Kersvader
en die
klapper
vir
snaaksigheid.
Sit nou maar die
Kersvader in die sneeuwater
op jou lessenaar neer
om te keer
dat die papiere wegwaai
die kere wat die lugreëling aan is.
Thursday, December 24, 2015
Happy Christmas
Hier op die
vooraand van Kersfees
wens ek als wat
die afgelope tyd gebeur het
was maar net ‘n droom,
maar dit is nie.
Happy Christmas Dad!
Dit is sad
om te weet
jy kom dalk
nooit weer
huistoe nie.
Wednesday, December 23, 2015
Geroep om hulp
Here, raak ons pa aan
met U hande van genesing –
sy spraak,
sy slukfunksie,
die werking van sy longe,
sy spierbewegings –
elke deel wat geaffekteer word
deur sy bipolêre gemoedstoestand.
Ons het hom nodig in ons lewens,
maar dis nie lekker om hom so te sien nie.
Wat ookal U wil is…
ons sal ons daarby berus.
Amen
Friday, January 16, 2015
Baby Joubert
19-05-1928 – 11-01-2015
B
aby Joubert, you left us
A
ll speechless with your sudden departure at the
B
eginning of 2015 - may
Y
our soul rest in peace!
Newer Posts
Older Posts
Home
Subscribe to:
Posts (Atom)