Saturday, July 19, 2014

Genadedood



My drome
ontaard in
nagmerries

en selfmoord
is sonde,

nou wag
ek vir
die dag

van
verlossing.

Uitkoms



Ek wens daar was ‘n manier hoe ek uit hierdie gemorsspul kon kom.  Die omstandighede wurg my.

Om elke oggend met ‘n “bang” met naarheid en hoofpyn wakker te word raak na ‘n tyd kommerwekkend.  Wat as ek een oggend net nie meer wakker word nie omdat een van die are in my kop besluit het om te pop?  Nog erger...wat as ek ‘n koolkop uitdraai?

Ek het nou al baie fights gefight in my lewe, maar hierdie een beat my.  Maak nie saak hoe hard ek probeer om myself positief te inspireer nie...dit hou nooit meer as ‘n halwe dag nie.

***

Hulle sê jou kar se voorruit is groter as die truspieëltjie omdat jou toekoms belangriker is as jou verlede.

Die alleenheid noop my om te wonder wat maak my so afstootlik vir mans?  As ek dan nou so afstootlik is dat ek nie ‘n man kan vang nie – hoekom het hulle my gekies om te verkrag?

Dis nie asof ek ‘n perdebylyfie het nie.  Nee, ek lyk soos ‘n renosteros met borste so groot soos Oupoot se stompe.  Hulle kon my seker nie miskyk vanweë die grootte van my postuur nie.  In elk geval, dis nie asof ek meer nagmerries daaroor kry nie.  Ek voel net wasted soos ‘n tampon.

***

Kyk, ek’s nou al so dik vir my eie vette...dis om van naar te word.  By my ooms moet ek gereeld hoor hoe die vette om my hart saampak en my tannies is behep met die regte eetplan.  Die kere wat ek op ‘n eetstaking is is dit nie goed nie.  What the fuck!

Dis nie asof ek my ooreet nie...ek’t nog altyd soos Bimbo gelyk.  Selfs die dokter is nou al behep met my gewig.  As ek kla van lae rugpyn na die ongeluk dan moet ek hoor ek sal ‘n plan moet maak met my gewig.  Ek kry die idee hulle is bang ek kraam ‘n gorilla en word so groot soos ‘n dinossaur in die proses, maar hulle hoef nie te worry nie.

Die enigste manier hoe ek kan swanger raak is by wyse van windbestuiwing.

***

Ek betrap myself telkemale dat Satan die oorhand kry van my gedagtes.  Dit kos deursettingsvermoë om nie my liggaam skaad aan te doen nie en guts om te erken ek’t ‘n probleem.

Op mense kan ek nie reken nie, maar op U kan ek vertrou.  Daarom vra ek U in Jesus Naam om my te genees van hierdie depressiwiteit wat my geluk hijack.

Thursday, July 17, 2014

Mondigwording



Deesdae droom al wat ‘n kind is daarvan om 18 te word, want dan’s mens mos mondig.  En as die mission completed is, wat dan?

Wel, dan verjaar mens nie meer nie, maar spog jy met ervaring.  Dit werk mos nou so...teen 40 is jy 18 jaar met 22 jaar ervaring en teen 80 is jy 18 jaar met 62 jaar ervaring.  As wise man say...hoe wyser, hoe gryser.

Kyk ek terug op my lewenspad is ek nie vir een oomblik spyt oor my 21 jaar en hoeveel jaar ervaring nie, want nie net kon ek vir langer kersies doodblaas as vandag se 18-jariges nie, maar het dit aan ons langasems besorg vir dit wat voorlê.

Wednesday, July 16, 2014

Trash



Dit voel ek kan
myself opfrommel
en wegsmyt in
die recycle bin.

Tuesday, July 15, 2014

Dagblad



Nog ‘n boer geskiet,
waar gaan die volk
se kos vandaan kom?

Nog ‘n gesin
getraumatiseer,
waar gaan hul
hulp vandaan kom?

Ons veg nie
meer vir vryheid,
maar vir veiligheid.

Amen