Thursday, June 6, 2013

Wonderwerk



Kinders is ‘n geskenk van bo...om hulle groot te kry is ‘n gawe.

Tuesday, June 4, 2013

Mag


Sy
Teenwoordigheid as troos dien
Elke treë van jou
Reis op aarde en Hy jou
Kop liefderik boontoe draai om
Te wys waar jou krag vandaan kom
Elke keer wat jy wyfel

Ns.: Die woord “mag” is meer as die titel – dis die begin van my gebed vir jou en simboliseer ook waar ons sterkte vandaan kom

Sunday, June 2, 2013

Violence against Women


Met jou
voël

het jy my
vrouwees
vernietig,

maar

ek gaan jou nie
die satisfaksie gee
om my gewete
te verkrag nie.

Tuesday, May 28, 2013

Jackpot


Die tere herinneringe
skets ‘n prentjie
van jou
sonnige geaardheid.

Die foto’s vertel
‘n storie van
jou lewensverhaal.

Soos ‘n skatkis
wat vir ons troos bring
wanneer die blues ons omring,
so is

jou
begrafnisblaadjie.