Tuesday, November 20, 2012

BANG


Ek slat my handjies op na die dak,
maar my ogies sien ek gaan nie bykom nie.
Toe roep ek maar vir Liewe Jesus
en fluister ‘n skietgebedjie in Sy oor.
So as jy buskruit ruik...
dis Hy wat oor jou wag hou.

Wednesday, October 3, 2012

Lekker verjaar Janine!


Jesus, sal U haar
Asseblief
Nog lank spaar vir haar geliefdes en haar
In die
Nuwe lewensjaar seën met als wat sy nodig het
En nog meer

Saturday, September 29, 2012

Malva-lekker-dag vir jou


Mag God
se rooskleurige liefde
en vriende se sonneblom-lag
jou omvaring vandag!

Wednesday, September 26, 2012

Voertsek!


Stadig, sluimerend,
ontwaak hy
soos ‘n sigaretkooltjie
in die nag.

Al dieper trek hy jou in,
stukkie vir stukkie,
totdat jy niks anders as
magtelose tjankgeluidjies uitblaas nie.

Hy rook jou tot op die punt
waar jy fokol voel nie
en vertrap jou
in die grond in met sy pote.

Hy lek jou met
‘n sleeptong vol
kwyldrade van kots,

hy byt jou aan die hakskeen.

Daar’s net 1
van sy
soort...

DEPRESSIE