Wednesday, May 9, 2012

Ek het gevra


Vroeg vanoggend het
ek vir Liewe Jesus vertel
hoe jy lyk en vir Hom gevra
om mooi na jou te kyk

omdat kinders nog vir lank
‘n Ma Adrie se liefde
en omgee nodig het.

Soos altyd het
Hy geluister
en vir my laat weet:

“My hande
van beskerming
is altyd gevou
om daardie vrou
van wie jy nou praat.”

Saturday, May 5, 2012

Sake van die hart


Ek het die
hemel gebel
en vir
Liewe Jesus

vertel

om mooi
na my
Mamma Ronél

te kyk

omdat sy
kosbaar is
en ek haar
nie wil verloor nie.

En toe sê Hy: 
“Hoor hier...
Ek’t klaar
vroeg vanoggend
‘n engleskaar
met dié opdrag
uitgestuur
Aarde toe.”

Sunday, April 1, 2012

Fairy Tale


Liewe Paashaas,
ek soek nie
vanjaar ‘n eier nie,
net 1 moewiese guns...
sal jy asb.
vir die Tandmuis vra
om sy geldjies
aan Kersvader te bemaak,
want wat as die kat weer kom
en dis tickets met hom...
my Christmas wish
sal mos nooit waar word nie.

Wednesday, March 21, 2012

In stille gebed


Vanoggend toe ek
my Bybel oopmaak
toe sien ek jou raak
en sê:  “Dankie Liewe Jesus
vir die voorreg wat
ons gehad het om
daardie engel van ‘n vrou
met U te kon deel! 
Gee vir haar ‘n drukkie
van my af en sê
daar gaan nie ‘n dag om
wat ons haar nie mis nie.”

Saturday, March 17, 2012

I am what I am


Dat ek IS is te danke aan
Liewe Jesus se liefde vir my
en
my ouers se liefde vir mekaar,

maar wie en wat ek is
word bepaal deur

God se GENADE,
my ouers se opofferings,
my ouma se omgee,
Tannie Adrie se hope geloof en liefde,
leerkragte se leiding,
raad van kollegas

en

my wil om te besluit
wat ek gaan maak
met dit wat na my kant toe kom.