Stelliepel se Skryfwerk
Saturday, January 7, 2012
Sent From Heaven
Aan:
Liewe Kind
Onderwerp:
Spesiaal vir jou
Boodskap:
Ontvang hierby
aangeheg
my liefde so vurig
soos ‘n vulkaan,
my omgee so
groot soos
‘n oseaan
en my geloof
in jou so hoog
soos ‘n berg.
Sent from Heaven
To:
Dear Child
Subject:
Especially for you
Message:
Find hereby
attached
my love
as fiery
as a
volcano
my care
as big
as an
ocean
and my
faith in you
as high
as a mountain.
Wednesday, January 4, 2012
Totsiens Tannie Mart
Wanneer jou oë
vol trane skiet
oor ‘n kleinseun
se dood en
jou wegganery
en jy met jou
oumenshande
jou sakdoekie
‘n bondeltjie
vrommel
dan kry ek
jou jammer
omdat woorde
nie wonde
kan heel nie,
maar ek weet
ten minste
jy gaan ‘n stukkie
van elkeen van
ons saamvat
op die pad
na Denotter...
miskien ‘n rokkie
wat jou herinner
aan hoe mooi jy
was vir Oom Arrie
en ‘n paar
skoentjies
waarmee jy
voor die stoof
gestaan het
om van elke
verjaarsdag
‘n uithang-
geleentheid
te maak
en foto’
s in kleur
of
selfs wit
en swart
van die mense
na aan
Tannie Mart
se hart.
Sunday, January 1, 2012
Gedagte van die dag – 2 Januarie 2012
Jy betree die
koshuis
as ‘n kind
net om dit
te verlaat as
‘n volwassene.
Thought of the day – 2 January 2012
Residence Life
is all about
entering as
a child
but leaving
as an adult.
Newer Posts
Older Posts
Home
Subscribe to:
Posts (Atom)