Wednesday, January 4, 2012

Totsiens Tannie Mart


Wanneer jou oë
vol trane skiet

oor ‘n kleinseun
se dood en
jou wegganery

en jy met jou
oumenshande

jou sakdoekie
‘n bondeltjie
vrommel

dan kry ek
jou jammer

omdat woorde
nie wonde
kan heel nie,

maar ek weet
ten minste

jy gaan ‘n stukkie
van elkeen van
ons saamvat
op die pad

na Denotter...

miskien ‘n rokkie
wat jou herinner
aan hoe mooi jy
was vir Oom Arrie

en ‘n paar
skoentjies

waarmee jy
voor die stoof
gestaan het

om van elke
verjaarsdag

‘n uithang-
geleentheid
te maak

en foto’s in kleur
of selfs wit en swart
van die mense na aan
Tannie Mart se hart.

No comments:

Post a Comment