as studente
soos confetti
versprei lê
op die grasperk
by die Gimsaal;
Desmondi
se energiedrankies
voorkeur geniet
bo ciders en koffie;
as dosente se Inbusse
oorloop van boodskappe
oor moontlike take
om semesterpunte
te verhoog;
as clickUP meer likes
het as Facebook;
as Xerox
geld maak
soos bossies
uit die
fotokopiëring
van hoofstukke
en die lees daarvan
voorkeur geniet
bo die Perdeby.
in your Inbox
filled with
showers of blessings
and
lots of love
sent from
one heart
to another
just now
in jou Inbus
gevul met
buie van seëninge
en
hope liefde
nou net
gestuur vanaf
een hart
na ‘n ander
lê nie in die
lengte van haar hare
soos Simson s’n nie
en is ook
nie opgesluit
in haar breinkrag
soos wat ‘n
mens sal verwag
van Einstein nie.
Nog minder
sal jy dit vind
op die punt
van haar vinger
soos Spiderman s’n
of in haar
boarmspiere
soos wat
die geval
is met die
spiertiere
op WWE nie,
want dit lê
opgesluit
in haar
geloof in
haar God.
ek het ‘n dag
in my lewe gemis,
maar ek weet
steeds nie wat het
Maandag
gebeur dat ek
Dinsdag
gemis het
net om
Woensdag
agter te kom
dis nie die
regte tyd om
die week te
sit en beplan nie.