Saturday, November 5, 2011

‘n Ma se krag


lê nie in die
lengte van haar hare
soos Simson s’n nie

en is ook
nie opgesluit
in haar breinkrag
soos wat ‘n
mens sal verwag
van Einstein nie.

Nog minder
sal jy dit vind
op die punt
van haar vinger

soos Spiderman s’n

of in haar
boarmspiere
soos wat
die geval
is met die
spiertiere
op WWE nie,

want dit lê
opgesluit
in haar
geloof in

haar God.

No comments:

Post a Comment