So sterk soos PPC
sement is die
fondasie van liefde
van jou hartkamers.
In tye van nood
is jy vir jou
huismense soos
'n steunpilaar.
Blymoedigheid oor
Sy ryklike seëninge
vertoon deur die
vensters van jou siel.
Saans in stille gebed
rig jy jou oë na die
dakkappe van geloof
van jou gesinswoning.
Moeder, vandag wil
ek vir jou dankie sê
dat jy my vir nege
maande gehuisves
het in jou baarmoeder
van geborgenheid
waardeur ek jou
wêreld kon verken.
Sunday, May 9, 2010
Thursday, April 29, 2010
Graadvang
‘n Gradeplegtigheid
is ‘n geleentheid
waar jare se harde
werk en vasbyt
beloon word met ‘n
graadsertifikaat
deur die universiteit
se Raad en Senaat.
Vergete is graduandi
se aande van laatnag
wakkerbly vir toetse
en take en die gewag
vir eksamenuitslae, die
oomblik wat die dekaan
hul name lees, en hul voor
die registrateur staan
in afwagting vir die
band om hul skouers
ten aanskoue van
vriende, familie en ouers.
Tuesday, April 13, 2010
'n Sekretaresse se gebed
Dankie Adrie en Marina vir die inspirasie
Here, gee my krag
om al die duisende
take wat op my wag
die een na die ander
kaf te draf vandag.
Help my om nie kwaad
te raak as die tegnologie
my in die steek laat
en die mense om my my
ore van my kop af praat;
skenk ook aan my
kalmte as die foon
sonder ophou lui
en ek nie dokumente
waarna ek soek kry.
Maan my om te onthou -
die kere wat dit dol gaan -
hulle het Rome nie gebou
in 'n dag se tyd nie, so
wat laat my dink ek sou?
En as ek dan nie dié week
als gedoen kry nie - laat
ek nie my kop daaroor breek
en dit nie vir my voel ek
laat my baas in die steek.
Here, gee my krag
om al die duisende
take wat op my wag
die een na die ander
kaf te draf vandag.
Help my om nie kwaad
te raak as die tegnologie
my in die steek laat
en die mense om my my
ore van my kop af praat;
skenk ook aan my
kalmte as die foon
sonder ophou lui
en ek nie dokumente
waarna ek soek kry.
Maan my om te onthou -
die kere wat dit dol gaan -
hulle het Rome nie gebou
in 'n dag se tyd nie, so
wat laat my dink ek sou?
En as ek dan nie dié week
als gedoen kry nie - laat
ek nie my kop daaroor breek
en dit nie vir my voel ek
laat my baas in die steek.
Sunday, April 11, 2010
Die Afrikanerkind se wens
Ek word beskou as 'n
wit pion wie se turf sit
al het ek nie daarvoor
gevra nie. Ek's te wit
om 'n permanente
aanstelling te kry
in die nuwe Suid-Afrika
waarin ons vandag bly.
Saans as ek na my
slaapkamer toe gaan
bid ek dat ek môre
vroeg sal opstaan
sonder dat iemand my
oornag leed aandoen.
Ek sukkel om myself
met die idee te versoen
dat daar vir my
moedertaal nie meer
'n plekkie is nie en
bid dat dié in beheer
sal ophou om in wit en
swart te dink, maar dat
hul uit die Smartie-boksie
van nou af 'n happie vat.
Ek wil my regmatige
plek in die reënboognasie
hê soos wat Madiba my
beloof het, so maak spasie
Malema, want nes jy is
ek 'n kind van Suid-Afrika
wat hier gebore en getoë is;
aanvaarding is wat ek vra!
wit pion wie se turf sit
al het ek nie daarvoor
gevra nie. Ek's te wit
om 'n permanente
aanstelling te kry
in die nuwe Suid-Afrika
waarin ons vandag bly.
Saans as ek na my
slaapkamer toe gaan
bid ek dat ek môre
vroeg sal opstaan
sonder dat iemand my
oornag leed aandoen.
Ek sukkel om myself
met die idee te versoen
dat daar vir my
moedertaal nie meer
'n plekkie is nie en
bid dat dié in beheer
sal ophou om in wit en
swart te dink, maar dat
hul uit die Smartie-boksie
van nou af 'n happie vat.
Ek wil my regmatige
plek in die reënboognasie
hê soos wat Madiba my
beloof het, so maak spasie
Malema, want nes jy is
ek 'n kind van Suid-Afrika
wat hier gebore en getoë is;
aanvaarding is wat ek vra!
Saturday, April 10, 2010
Bede vir die baas
Opgedra aan Dr. Ronél Ferreira
Gee dat sy moeilike
situasies sal baasraak
en nie sal sukkel met
die uitvoer van 'n taak.
Gee dat haar werk
haar vreugde sal verskaf,
so ook haar supervisie
studente en haar staf.
Gee dat sy haarself
van die feit sal vergewis
dat sy die departement
se grootste trots is.
Gee dat sy moeilike
situasies sal baasraak
en nie sal sukkel met
die uitvoer van 'n taak.
Gee dat haar werk
haar vreugde sal verskaf,
so ook haar supervisie
studente en haar staf.
Gee dat sy haarself
van die feit sal vergewis
dat sy die departement
se grootste trots is.
Friday, April 9, 2010
SA se bede sonnet
U weet waarheen SA
oppad is; ek wil U vra
om ons land met sy
miljoene mense te dra
deur hierdie tyd van
rassespanning.
Sal U asseblief 'n
einde daaraan bring?
Gee dat nasies mekaar
nie meer sal uitmoor
en onskuldige mense
nie hul lewens verloor.
Laat hulle daarna streef
om in vrede saam te leef.
North Seattle Community College. n.d. South African flague. Available at: http://isp.northseattle.edu/images/dbi_flag_southafrica.gif. Accessed: 24 July 2010.
Monday, April 5, 2010
Paaswense
Ek stuur vir jou 'n
paashaas van sjokolade
om jou te herinner
aan God se genade
en plaas 'n strik van
Jesusliefde om sy nek
wat jou Paasfees
in oorvloed moet bedek.
paashaas van sjokolade
om jou te herinner
aan God se genade
en plaas 'n strik van
Jesusliefde om sy nek
wat jou Paasfees
in oorvloed moet bedek.
Subscribe to:
Posts (Atom)