Ek word beskou as 'n
wit pion wie se turf sit
al het ek nie daarvoor
gevra nie. Ek's te wit
om 'n permanente
aanstelling te kry
in die nuwe Suid-Afrika
waarin ons vandag bly.
Saans as ek na my
slaapkamer toe gaan
bid ek dat ek môre
vroeg sal opstaan
sonder dat iemand my
oornag leed aandoen.
Ek sukkel om myself
met die idee te versoen
dat daar vir my
moedertaal nie meer
'n plekkie is nie en
bid dat dié in beheer
sal ophou om in wit en
swart te dink, maar dat
hul uit die Smartie-boksie
van nou af 'n happie vat.
Ek wil my regmatige
plek in die reënboognasie
hê soos wat Madiba my
beloof het, so maak spasie
Malema, want nes jy is
ek 'n kind van Suid-Afrika
wat hier gebore en getoë is;
aanvaarding is wat ek vra!
No comments:
Post a Comment