Ek word beskou as 'n
wit pion wie se turf sit
al het ek nie daarvoor
gevra nie. Ek's te wit
om 'n permanente
aanstelling te kry
in die nuwe Suid-Afrika
waarin ons vandag bly.
Saans as ek na my
slaapkamer toe gaan
bid ek dat ek môre
vroeg sal opstaan
sonder dat iemand my
oornag leed aandoen.
Ek sukkel om myself
met die idee te versoen
dat daar vir my
moedertaal nie meer
'n plekkie is nie en
bid dat dié in beheer
sal ophou om in wit en
swart te dink, maar dat
hul uit die Smartie-boksie
van nou af 'n happie vat.
Ek wil my regmatige
plek in die reënboognasie
hê soos wat Madiba my
beloof het, so maak spasie
Malema, want nes jy is
ek 'n kind van Suid-Afrika
wat hier gebore en getoë is;
aanvaarding is wat ek vra!
Sunday, April 11, 2010
Saturday, April 10, 2010
Bede vir die baas
Opgedra aan Dr. Ronél Ferreira
Gee dat sy moeilike
situasies sal baasraak
en nie sal sukkel met
die uitvoer van 'n taak.
Gee dat haar werk
haar vreugde sal verskaf,
so ook haar supervisie
studente en haar staf.
Gee dat sy haarself
van die feit sal vergewis
dat sy die departement
se grootste trots is.
Gee dat sy moeilike
situasies sal baasraak
en nie sal sukkel met
die uitvoer van 'n taak.
Gee dat haar werk
haar vreugde sal verskaf,
so ook haar supervisie
studente en haar staf.
Gee dat sy haarself
van die feit sal vergewis
dat sy die departement
se grootste trots is.
Friday, April 9, 2010
SA se bede sonnet
U weet waarheen SA
oppad is; ek wil U vra
om ons land met sy
miljoene mense te dra
deur hierdie tyd van
rassespanning.
Sal U asseblief 'n
einde daaraan bring?
Gee dat nasies mekaar
nie meer sal uitmoor
en onskuldige mense
nie hul lewens verloor.
Laat hulle daarna streef
om in vrede saam te leef.
North Seattle Community College. n.d. South African flague. Available at: http://isp.northseattle.edu/images/dbi_flag_southafrica.gif. Accessed: 24 July 2010.
Monday, April 5, 2010
Paaswense
Ek stuur vir jou 'n
paashaas van sjokolade
om jou te herinner
aan God se genade
en plaas 'n strik van
Jesusliefde om sy nek
wat jou Paasfees
in oorvloed moet bedek.
paashaas van sjokolade
om jou te herinner
aan God se genade
en plaas 'n strik van
Jesusliefde om sy nek
wat jou Paasfees
in oorvloed moet bedek.
Tuesday, March 30, 2010
My sondaarstryd
Ek wil hê die hemel
moet my woonplek wees,
maar maak nie aldag tyd
om my Bybel te lees.
Ek probeer hard om
volgens U Wet te handel,
maar geniet dit ook om op
die breë weg te wandel.
Ek het hoeveel keer
vir U om vergifnis gevra
en myself dae later
net soos voorheen gedra.
Vanaand wil ek in stille
gebed by U kom pleit –
help my vir die soveelste
maal met my sondaarstryd.
Ek wil na U toe terugdraai
voordat dit te laat is
en voortaan die afdraaie
van verderf totaal en al mis.
Gee dat ek genoeg
innerlike krag sal hê
om in die toekoms
vir sonde nee te kan sê.
moet my woonplek wees,
maar maak nie aldag tyd
om my Bybel te lees.
Ek probeer hard om
volgens U Wet te handel,
maar geniet dit ook om op
die breë weg te wandel.
Ek het hoeveel keer
vir U om vergifnis gevra
en myself dae later
net soos voorheen gedra.
Vanaand wil ek in stille
gebed by U kom pleit –
help my vir die soveelste
maal met my sondaarstryd.
Ek wil na U toe terugdraai
voordat dit te laat is
en voortaan die afdraaie
van verderf totaal en al mis.
Gee dat ek genoeg
innerlike krag sal hê
om in die toekoms
vir sonde nee te kan sê.
Sunday, March 28, 2010
57 herfsjare
Here, party families se vaders
word vroeg reeds van hulle
af weggeneem in die lewe.
Terselfdertyd is daar kinders
wat nie eers weet wie
hul aardse vaders is nie.
Dit het my laat besef hoe
gelukkig ons is om nog
ons pa by ons te kan hê.
Vandag wil ons vir U sê
DANKIE
vir die sewe en vyftig herfsjare
wat Pappa met sy grys hare
deel van ons lewens kon wees.
Wednesday, March 24, 2010
Bevordering
Geluk
met jou
aanstelling!
Ek hoop jy
vind gou jou
voete
met al die
werksaamhede
en goete
en dat dit
geluk
sal bring.
met jou
aanstelling!
Ek hoop jy
vind gou jou
voete
met al die
werksaamhede
en goete
en dat dit
geluk
sal bring.
Subscribe to:
Posts (Atom)